Ekonomie V2 Volmaakte Markte Flashcards
Gee Term
‘n Instelling met die hooffunksies om bevele uitgereik deur die
Mededingingstribunaal te hersien en hierdie bevele (hersien)
of te bekragtig
Die
Mededingingsappèlhof
‘n Instelling wat ondersoek instel na beperkende
besigheidspraktyke, misbruik van dominante posisies en
samesmeltings om aandele in die Suid-Afrikaanse ekonomie
te bekom.
Die
Mededingingskommissie
’n Instelling met die hooffunksie om groot samesmeltings goed
te keur, wanoptredegevalle te bereg en bevele uit te reik oor
aanmeldings wat deur die Mededingingskommissie voorgelê
word
Die
Mededingingstribunaal
Totale koste is meer as totale inkomste. Wanneer gemiddelde
inkomste laer is as die gemiddelde koste, maak die
onderneming ‘n ekonomiese verlies
Ekonomiese verlies
Wins wat addisioneel tot normale wins gemaak word.
Wanneer die gemiddelde inkomste hoër is as die gemiddelde
koste, maak die onderneming ‘n ekonomiese wins
Ekonomiese wins
Werklike besteding van ‘n onderneming, bv. lone en rente
Eksplisiete koste
Daardie punt waar die firma in staat is om sy koste te dek en
slegs ‘n normale wins te verdien.
Gelykbreekpunt
Die bedrag wat deur die firma verdien word vir elke eenheid
uitset wat verkoop word. Word bereken deur die totale
inkomste (TR) deur die hoeveelheid uitset te deel.
Gemiddelde inkomste
Soortgelyke of identiese produk
Homogene produk
Waarde van insette wat deur entrepreneur besit word en in
die produksieproses gebruik word (huur, rente en salarisse)
Implisiete koste
Die produksietydperk waar ten minste een produksiefaktor vas
bly
Kort termyn
Die produksietydperk waar alle faktore kan verander. Die tyd is
lank genoeg vir veranderlike en vaste faktore om te verander
Lang termyn
Die ekstra inkomste wat verdien word uit die verkoop van een
addisionele eenheid.
Marginale inkomste
Die uitgawe aangegaan om ‘n ekstra eenheid te vervaardig
Marginale koste
n Instelling of meganisme wat kopers en verkopers van
goedere of dienste byeenbring
Mark
Manier hoe die mark georganiseer word
Markstruktuur
Die minimum verdienste wat nodig is om te voorkom dat ‘n
entrepreneur die bedryf verlaat/ Wanneer gemiddelde
inkomste gelyk is aan gemiddelde koste maak die firma ‘n
normale wins. GI = GK
Normale wins
. Het geen invloed op die prys nie. Neem prys wat deur die
mark bepaal word
Prysnemer
Die onderneming sal sluit waar MK/GI = GVK
Sluitingspunt
Besighede verdien geld deur hul uitset te verkoop. Word
bereken deur die aantal produkte verkoop (Q)
vermenigvuldig met die prys van die produk (P).
Totale inkomste
Die koste wat konstant bly ongeag die hoeveelheid
geproduseer.
Vaste (Konstante) koste
Die koste wat oorbly, neem toe/verminder wanneer
geproduseerde hoeveelheid toeneem/afneem. Hierdie koste
wissel met uitset.
Veranderlike koste
‘n Markstruktuur met groot getalle kopers en verkopers
Volmaakte
mededinging