Ekonomie V2 Inflasie Flashcards
Gee Term vir die volgende
Inflasieteiken van Suid-Afrika
3-6%
Meet die inflasiekoers vir die ekonomie in geheel.
Alles-omvattende inflasie
Wanneer pryse van goedere en dienste aanhoudend oor ‘n lang
tydperk afneem.
Deflasie
Pryse vasgestel of beheer deur die owerheid
Geadministreerde pryse
’n Inflasiekoers bo 50%. Mense verloor vertroue in die waarde van
geld en begin ruilhandel van goedere en dienste
Hiperinflasie
ń Buitensporige styging in die algemene prysvlak, waarna soms as
wegholinflasie verwys word
Hiperinflasie
Onaangepaste VPI syfers
Hooflyninflasie
Word saamgestel van die pryse van ’n verteenwoordigende mandjie
goedere en dienste
Indekse
’n Volgehoue en aansienlike styging in die algemene prysvlak oor ’n
bepaalde tydperk, en ’n gelyktydige daling in die koopkrag van
geld
Inflasie
. Om inflasie te bepaal:
BBP-deflator vir die volgende jaar × 100
/BBP-deflator vir die vorige
Inflasiekoers
Maak deel uit van die regering se monetere beleid wat deur die
Reserwebank bestuur word om inflasie binne die teiken gestel deur
die Minister van Finansies te hou (tussen 3% en 6%)
Inflasieteikens
Sluit items van die VPI-mandjie uit wat hoogs veranderlik is of deur
regeringsbeleid beinvloed word
Kerninflasie
Word aangetref wanneer daar ’n styging in die algemene prysvlak is
as gevolg van ’n styging in produksiekoste
Kostedrukinflasie
Natuurrampe, lone en produktiwiteit is oorsake van hierdie tipe
inflasie
Kostedruk-inflasie
Bestaan uit die President van die Reserwebank, 3 adjunk- presidente
en 3 ander lede. Hul hoofdoelwit is om ’n rentekoers vas te stel wat
verenigbaar is met die bereiking van die inflasieteiken
Monetere
beleidskomitee
Die beleid wat deur die staat gebruik om die geldvoorraad in SuidAfrika te beheer
Monetêre beleid
Die komitee wat gereeld saamkom om inflasie te monitor en beleid
te implementeer om inflasie te beheer.
Monetêre
beleidskomitee
Die meting van die produksiekoste van goedere oor tyd
Produsenteprysindeks
Koers wat gebruik word om verbruiksbesteding te beïnvloed
Rentekoerse
Dit is die koers waarteen die SARB geld aan banke leen.
Repokoers
Lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoerse kom gelyktydig
voor
Stagflasie
‘n Instelling wat verantwoordelik is vir die berekening en publikasie
van afsonderlike inflasiedata vir verskillende metropole publiseer
Statistieke Suid-Afrika
Die instansie wat ‘n sleutelrol speel in die beheer van inflasie
Suid-Afrikaanse
Reserwebank
Besteding deur die bevolking
Verbruik
’n Indeks wat die prys van ’n vaste mandjie verbruikersgoedere en
dienste meet
Verbruikersprysindeks
Dit bereken die inflasiekoers uitgesluit die uitwerking van
verbandlenings rentekoerse (op huislenings).
VPIX inflasie
Word aangetref wanneer die totale vraag na goedere en
dienste die totale aanbod van goedere en dienste oorskry
Vraagtrekinflasie
. ‘n Geval van ‘te veel geld wat te min goedere jaag’
Vraagtrekinflasie
Die verskil in belangrikheid van items in ’n indeks word oorkom deur
’n geweegde indeks wat die relatiewe belangrikheid van elke item
aantoon.
Weging