Ekonomie V2 Markmislukking Flashcards
Kom voor wanneer besighede nie die uitset van die gegewe
insette maksimeer nie.
Allokatiewe
/Toedelingsondoeltreffendheid
‘n Metode wat gebruik word om die totale sosiale koste en
voordele van alternatiewe projekte, aktiwiteite of beleggings te
vergelyk.
Koste-voordeelanalise
Die koste van ‘n goed of diens wat deur die samelewing betaal
word. Dit word bereken deur die private koste en negatiewe
eksternaliteite bymekaar te tel.
Maatskaplike /Sosiale
koste
Die voordeel wat die samelewing verkry uit die gebruik van ‘n
goed of diens. Dit word bereken deur die private voordeel en die
positiewe eksternaliteite by te voeg.
Maatskaplike/ Sosiale
voordeel
Die regering gryp in om goedere meer bekostigbaar te maak
Maksimum prys
Kom voor wanneer die hulpbronne van die gemeenskap
ondoeltreffend toegewys word
Markmislukking
Goedere wat die samelewing voel deur sy burgers verbruik moet
word omdat dit die welsyn van die individuele persoon en van
die samelewing as geheel verhoog
Meriete goedere
‘n Koste vir ‘n derde party wat nie by ‘n markprys van ‘n goed
ingesluit is nie. Die verskil tussen sosiale koste en private koste.
Negatiewe
eksternaliteite
Die gebruik van ‘n produk deur een persoon sal nie ander
verhoed om dit ook te geniet nie.
Nie-mededinging
. Is goedere wat die samelewing voel sy burgers moet nie verbruik
nie
Niemeriete goedere
Gebruikers wat nie betaal om goedere (gratis ryers) te gebruik
nie, kan nie van die gebruik daarvan uitgesluit word nie
Nie-uitsluitbaarheid
Goedere wat die vrye mark nie verskaf nie, want dit het niemededinging en nie-uitsluitbaarheid.
Openbare goedere
Verwys na die situasie waar hulpbronne nie hertoegewys kan
word om een persoon / groep beter af te maak sonder om ‘n
ander persoon / groep slegter af te maak nie
Pareto
doeltreffendheid
Die voordeel verkry deur ‘n derde party wat nie by die markprys
ingesluit is nie
Positiewe
eksternaliteite
Die werklike koste wat ‘n verbruiker betaal wanneer ‘n goedere
gekoop word.
Privaat koste
. Die voordeel wat ‘n verbruiker kry uit die gebruik van ‘n goedere
of die voordeel wat ‘n produsent kry uit die verkoop van ‘n
produk.
Privaat voordeel
Kom voor wanneer besighede nie hulpbronne korrek toewys nie
en goedere en dienste produseer wat verbruikers nie wil hê nie.
Produktiewe/tegniese
ondoeltreffendheid
Wanneer identiese goedere en dienste teen verskillende pryse
aan verskillende verbruikers verkoop word.
Prysdiskriminasie
‘n Onwettige mark waarin onwettige goedere gekoop en
verkoop word of onwettige pryse gehef word
Swartmark
Wet wat deur die regering goedgekeur is wat negatiewe
eksternaliteite reguleer wat deur besighede gegenereer word
Direkte beheer