Ekon Terme Flashcards
Ekonomiese
kringloop-
model
Ononderbroke vloei van besteding, produksie en inkome
tussen verskillende sektore
Oop ekonomie
n Ekonomie wat handel dryf met die buitelandse sektor
Geslote ekonomie
n Ekonomie sonder n buitelandse sektor as deelnemer
Buitelands sektor /
internasionaal
Die sektor wat ingesluit moet word vir die ekonomie om as n
oop ekonomie beskou te word
Huishoudings/Verbruikers
Primêre deelnemers en eienaars van die produksiefaktore
Finansiele sektor
Daardie finansiele instellings wat nie direk by die produksie
van goedere en dienste betrokke is nie, bv. banke,
versekeringsmaatskappye, pensioenfondse en die JSE
Mark
n Plek of meganisme waardeur kopers en verkopers ontmoet
om sake te doen
Faktormark/ Insetmark
Die mark waar produksiefaktore verhandel word, bv. die
arbeidsmark
Goederemark/Produk
mark
n Mark waar goedere en dienste verhandel word, bv.
motors, melk
Finansiele mark
Die mark waar beide kort- en langtermyn finansiele bates
verhandel word
Geldmark
Die korttermyn en baie korttermynmark vir besparings en
lenings
Kapitaalmark
Waar verbruikers en produsente langtermyn deposito's
maak en geld leen.
Reele vloei
Die vloei van goedere en dienste tussen die deelnemers in
die ekonomiese kringloop
Geldvloei
Die vloei van inkomste en besteding tussen die deelnemers
in die ekonomiese kringloop
Lekkasies
Geld onttrek uit die ekonomiese kringloop, bv. deur
besparings (S), belasting (T) en invoerbesteding (M)
Inspuitings
Die invloei van addisionele geld in die ekonomie deur
investering (1), owerheid (G) en betalings vir uitvoere (X)
Ekonomiese ewewig
Die ekonomie is in ewewig as lekkasies gelyk is aan
inspuitings
Marginale verbruiks-
geneigdheid
Die proporsie van addisionele inkomste wat huishoudings
verkies om op goedere en dienste te bestee
Vermenigvuldiger
n Klein aanvanklike toename in besteding lewer
proporsioneel groter toename in totale nasionale inkome
Outonome verbruik
Die minimum vlak van verbruik wat plaasvind, al het die
verbruiker geen besteebare inkome nie
Besparings
Inkome wat nie verbruik word nie
Bruto Binnelandse Produk
Die totale waarde van alle finale goedere en dienste geproduseer binne die landsgrense vir n spesifieke tydperk
Bruto Nasionale
Produk
Die totale waarde van alle finale goedere en dienste
geproduseer deur die permanente inwoners van die land vir n
spesifieke tydperk
Nasionale rekeninge-
stelsel
Voorgeskryf deur die Verenigde Nasies vir die samestelling van
BBP-syfers