Ekonomie V2 OMGEWINGSVOLHOUBAARHEID Flashcards
Gee Term
Verwys na die geleidlike toename in die temperatuur van die
atmosfeer van die aarde
Aardverwarming
Is ’n internasionale ooreenkoms om radioaktiewe afval te bestuur
Basel Konvensie
Die regering gee aan elke onderneming ’n lisensie om ’n sekere
hoeveelheid (kwota) besoedeling vry te stel.
Bemarkbare permitte
Beywering vir die kreatiewe voortbestaan van die omgewing terwyl
seker gemaak word dat omgewingsverandering die lewensgehalte
van beide huidige en toekomstige geslagte in ag neem
Beskerming
Vrystelling wat in die natuurlike omgewing invloei as gevolg van
menslike aktiwiteite, bo die vermoe van die omgewing is om dit te
absorbeer
Besoedeling
Veroorsaak skade aan die omgewing deur die storting van
afvalmateriaal
Besoedeling
Die bekendstelling of storting van afvalmateriaal in die omgewing
Besoedeling
Die direkte regulering van ‘n nywerheid of aktiwiteit deur middel van
wetgewing wat uiteensit wat toelaatbaar is en wat onwettig is
Bevel en Beheer
Pogings om nie-hernubare hulpbronne (bv. ekologiese stelsels en
erfenisterreine) in stand te hou
Bewaring
Die proses om die omgewing op so ń wyse te bestuur dat dit
ongeskonde bly
Bewaring
ń Verskeidenheid plant- en dierspesies wat in ń sekere omgewing
Biodiversiteit
. Impliseer koste en voordele waarvoor nie beplan is nie, soos
lugbesoedeling veroorsaak deur fabrieke kan nie gestop word
sonder beperkende beleide nie
Eksternaliteite
‘n Heffing op die produksie van produkte wat eksterne
omgewingskoste veroorsaak
Groembelasting
. Hulpbronne wat vervang of herwin kan word
Hernubare
Hergebruik goedere wat reeds hul oorspronklike doel gedien het
Herwinning
Basiese sisteme en strukture wat ‘n land benodig vir ekonomiese
aktiwiteit, bv vervoer en kommunikasie
Infrastruktuur
Die voorsiening van goedere en dienste bv paaie, telefoon lyne,
radio en televisie dienste
Infrastruktuur
Konvensie wat beleide opstel wat handel oor verlore spesies
Internasionale Handel in
Bedreigde Spesies
‘n Beduidende en volgehoue variasie in die normale weerpatrone
Klimaatsverandering
. Gasse wat die hitte binne die Aarde se atmosfeer vasvang en tot
aardverwarming bydra
Kweekhuis
. Is ’n internasionale ooreenkoms waarvolgens ontwikkelde lande
betalings maak aan ontwikkelende lande vir hul reg om te besoedel.
Kyoto Protokol
Wetlik bindende verpligtinge is vasgestel waardeur
geïndustrialiseerde lande ooreenkom om uitstraling van ses
kweekhuisgasse te verminder
Kyoto-protokol
Die vrystelling van skadelike gasse in die atmosfeer
Lugbesoedeling
Natuurlike hulpbronne wat nie vervang kan word wanneer dit
uitgeput (opgebruik) is nie
Nie-hernubare
ń Belasting wat gehef word op goedere wat die omgewing
benadeel
Groenbelasting
Belasting wat gehef word op die produksie van goedere wat
eksterne omgewingskoste (besoedeling) genereer
Omgewingsbelasting
Word aan ondernemings toegestaan in ’n poging om
omgewingskade te verminder
Omgewingsubsidies
Die verantwoordelike gebruik van die omgewing vir ekonomiese
aktiwiteite;/ dit verwys na die bevrediging van behoeftes van die
huidige geslag sonder om die behoeftes van toekomstige geslagte
in gevaar te stel
Omgewingsvolhoubaarheid
. ‘n Ooreenkoms wat dit ten doel het om chemiese afval te beperk.
Stockholm Protokol
. Staan ook bekend as die Aardberaad. Die doelwit van UNCED was
om strategiee te implementeer om omgewingsvernietiging stop te sit
en die effek daarvan om te keer, en om internasionale pogings vir
volhoubare ontwikkeling in alle lande te bevorder
Verenigde Nasies se
Konferensie oor die
Omgewing en
Ontwikkeling