Ekonomie V2 1.3 vrae Flashcards
‘n Markstruktuur wat ‘n unieke produk produseer met geen naby
substitute nie
Monopolie
Wanneer die gemiddelde inkomste groter as die gemiddelde koste
van ‘n firma is
Ekonomiese wins
‘n Prys vasgestel onder die markewewig om goedere vir
verbruikers bekostigbaar te maak
Maksimumprys/prysplafon
‘n Baie hoë styging in pryse wat 50% per maand oorskry
Hiperinflasie
Tradisionele maniere van dinge doen wat uniek is tot ‘n gegewe
kultuur
Inheemse kennisstelsel
‘n Lisensie gegee aan besighede om tot ‘n sekere limiet te
besoedel
Bemarkbare permit
‘n Situasie waar gemiddelde koste styg soos wat produksie
toeneem
Skaaldekortkominge
Die addisionele inkomste verdien wanneer verkope met een
eenheid vermeerder
Marginale inkomste
‘n Tegniek wat deur die owerheid gebruik word om te bepaal of ‘n
projek vir die gemeenskap voordelig is of nie
Koste - Voordeel-analise
Algemene styging in pryse wat plaasvind wanneer die totale vraag
na goedere en dienste die totale aanbod oorskry
Vraagtrek-inflasie
Toeriste wat deur Suid-Afrika reis en lug-, pad-, spoor- en
seevervoer gebruik om by ‘n ander bestemming te kom
Transit toeriste
Sorg vir die omgewing om te verseker dat daar aan die behoeftes
van die huidige en toekomstige generasies voldoen word
Bewaring / Omgewingsvolhoubaarheid
‘n Situasie waar die mark goedere verskaf wat by die behoeftes
van die verbruikers pas
Toedelingsdoeltreffendheid / Toewysingsdoeltreffendheid/
Ewewig
‘n Markstruktuur wat bestaan uit baie besighede wat
gedifferensieerde produkte verkoop
Monopolistiese mededinging
Goedere wat as sosiaal nadelig beskou word
Niemeriete
Pryse van goedere en dienste wat aanhoudend oor ‘n lang tydperk
daal
Deflasie
Monetêre beleidsbenadering wat deur die SARB gebruik word om
prysveranderinge binne 3–6% te hou
Inflasieteikening
Die verskeidenheid plant- en dierelewe binne ‘n ekostelsel
Biodiversiteit
Wanneer dit onmoontlik is om die welvaart van een individu te
verhoog sonder om iemand anders te benadeel
pareto-doeltreffendheid
Die punt waar die marginale koste of gemiddelde inkomste aan die
gemiddelde veranderlike koste gelyk is
sluitingspunt / afskakel-punt
Waar goedere onwettig aangekoop en verkoop word
swart mark / ondergrondse mark
Die aktiwiteite van mense wat vir nie meer as ‘n jaar nie buite hul
gewone omgewing reis
toerisme
Tipe inflasie waar pryse van goedere en dienste deur die owerheid
vasgestel word
geadministreerde prys
Die storting van afvalmateriaal in die omgewing wat die ekosisteem
beskadig
besoedeling
‘n Situasie waar totale inkomste aan totale koste gelyk is
Gelykbreekpunt / Normale wins
‘n Onvolmaakte markstruktuur wat oor lang termyn ‘n normale wins
maak
Monopolistiese mededinging
Die tydperk waar ten minste een produksiefaktor vas bly
Korttermyn
Mense reis na en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir nie
meer as een aaneenlopende jaar nie
Toerisme/toeriste
Tipe inflasie wat prysveranderinge van alle finale goedere en
dienste meet, nie net dit in die geselekteerde mandjie nie
Allesomvattende
‘n Lisensie wat aan besighede gegee word wat hulle toelaat om tot
op ‘n sekere vlak te besoedel
Bemarkbare permit
Die koste wat dieselfde bly selfs al verander die uitset
Vaste
‘n Markstruktuur waar die individuele besighede prysnemers is
Volmaakte
Die addisionele inkomste verdien wanneer verkope met nog een
eenheid styg
Marginale
Lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoerse kom gelyktydig
voor
Stagflasie
Die tipe toerisme waar toeriste na Suid-Afrika toe kom om
museums en kunsgalerye te besoek
Kulturele/Paleo
Hulpbronne wat vervang of herwin kan word
Hernubare
‘n Voorbeeld van stilswyende samespanning waar ‘n dominante
besigheid die prys sal bepaal en die ander sal volg
Prysleierskap
Koste wat deur die verbruiker betaal word wat NIE by die markprys
ingesluit word NIE
Eksterne koste / negatiewe eksternaliteit
Die tydperk waartydens die volmaakte mededinger ekonomiese
wins kan maak
Korttermyn
Pryse van sekere goedere wat deur die owerheid vasgestel of
beheer word, byvoorbeeld brandstof
Geadministreerde / maksimum / minimum
Toeriste wat museums, kunsgalerye en gebiede besoek
wat ‘n sekere leefstyl uitbeeld, byvoorbeeld die Apartheidsmuseum
Kulturele toerisme / paleo toerisme
Die vrystelling van skadelike gasse in die atmosfeer
Lugbesoedeling / besoedeling / uitlaatgasse
Die wins wat die produsent bo en behalwe die normale wins
ontvang
Ekonomiese wins/Supernormale/Abnormale
Die tydsduur (periode) waartydens minstens een produksiefaktor
onveranderd bly
Korttermyn
Waar kopers en verkopers van goedere en dienste vir die doel van
handel in wisselwerking is
Mark
Die wetlike reg waardeur die houer die alleenreg verkry om ‘n
produk te vervaardig
Patent
Gasse wat die hitte binne die Aarde se atmosfeer vasvang en tot
aardverwarming bydra
Kweekhuis
Die waarde van die alternatief wat prysgegee word wanneer
‘n keuse by die produksie van twee produkte gemaak word
Geleentheidskoste