Ekon V1 Nov Dins 1.3 Flashcards
1.3 Vrae Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings.
Die onttrekking van geld vanuit die ekonomiese kringloop
Lekkasies
‘n Samevatting van die verskeie aanwysers van dieselfde soort in
‘n enkele waarde
Saamgestelde aanwysers
Die wisselkoers word deur markkragte met inmenging deur die
sentrale bank vasgestel
Beheerde swewende
Die toename in die ekonomie se kapasiteit om meer goedere en
dienste te produseer
Ekonomiese groei
Die verwerking van natuurlike hulpbronne tot voltooide produkte
Vervaardiging
Die laagste rentekoers wat deur handelsbanke van hulle beste
kliënte gehef word
Prima-koers
Wanneer ‘n land wat by internasionale handel betrokke is meer
produseer as ander lande, gegewe dieselfde produksie
Absolute voordeel
‘n Dokument wat verwagte inkomste en beraamde besteding vir die
volgende fiskale jaar detailleer
Jaarlikse begroting / Nasionale begroting / Hoofbegroting
Belastingstelsels waar lae-inkomsteverdieners hoër belasting-
koerse betaal, terwyl hoë-inkomsteverdieners laer belastingkoerse
betaal
Regressief
Die verskaffing van aansporings om plaaslike besighede aan te
moedig om goedere te produseer om aan ander lande te verkoop
Uitvoerbevordering
Die proses wat fokus op die verbetering van mense se lewenstandaard
Ekonomiese ontwikkeling
Die industriële ontwikkelingstrategie wat gemik is op die
verbetering van mededinging in vervaardiging deur insetpryse en
tegnologie te oorweeg
Geïntegreerde Vervaardigingstrategie
Die arbeidsmag tussen die ouderdomme van 15 en 65 wat gewillig
en in staat is om te werk
Ekonomies aktiewe bevolking / ekonomies bedrywige bevolking
Dit illustreer (toon) die verband tussen werkloosheid en inflasie
Philips-kromme
‘n Vorm van krediet vanaf die Internasionale Monetêre Fonds (IMF)
wat gebruik kan word as betalingsbalansprobleme ondervind word
Spesiale trekkingsregte
‘n Boete wat deur een of meer lande op ‘n ander land gelê word
deur handel te beperk
Sanksies / embargo / boikotte / tariewe / verbod / invoerbelasting /
kwotas
Beraadslaging tussen die Suid-Afrikaanse Reserwebank en banke
om hulle te oortuig om op ‘n wenslike manier op te tree
Morele oorreding
‘n Toename in die aantal mense wat van landelike gebiede na
stede verhuis
Verstedeliking
Die aanvanklike verandering in besteding lei tot ‘n proporsioneel
groter styging in die nasionale inkome
Vermenigvuldiger-effek
Die punt waar die ekonomiese inkrimping op sy laagste is
Trog
‘n Oordrag van funksies en eienaarskap van die openbare sektor
na die privaat sektor
Privatisering
‘n Styging in die prys van ‘n geldeenheid in terme van ‘n ander
geldeenheid as gevolg van markkragte
Appresiasie
Die beweging van invoere en uitvoere tussen lande sonder enige
beperkings
Vryhandel
Die sosiale aanwyser wat met die grootte van die land se bevolking
verband hou
Demografie
‘n Sistematiese verslag van alle handels- en finansiële transaksies
tussen een land en ander lande vir ‘n sekere tydperk
Betalingsbalans
Geld wat deur die owerheid aan ‘n persoon/instansie betaal word
sonder enige teenprestasie
Oordragbetaling
Wanneer ‘n produk op ‘n oorsese mark verkoop word teen ‘n prys
wat laer as die produksiekoste in die land van oorsprong is
Storting
Styging in die produksiekapasiteit van ‘n land
Ekonomiese groei
Die koers waarteen handelsbanke geld by die Suid-Afrikaanse
Reserwebank leen
Repokoers / terugkoopkoers
Die beleid wat daarna streef om pryse te stabiliseer deur inflasie te
beveg
Monetêre
Die eienaars van die produksiefaktore in die ekonomie
Huishoudings / Verbruikers
‘n Opsomming van die waarde van verskillende leidende
aanwysers in ‘n enkele waarde
Saamgestelde aanwyser
‘n Opgawe van ‘n land se handels- en finansiële transaksies met
die res van die wêreld
Betalingsbalans
Goedere wat skadelik vir die samelewing is, byvoorbeeld sigarette
Niemerietegoedere
Die belangrikste bron van inkomste vir die staat
Persoonlike inkomstebelasting / inkomstebelasting / belasting
Moedig investering in vervaardiging, landbou en mynbou aan
Nywerheidsontwikkeling / korridors / Ruimtelike Ontwikkelings-
inisiatiewe / belasting insentiewe
Waarde van alle finale goedere en dienste wat in ‘n sekere tydperk
binne die grense van ‘n land geproduseer word
Bruto binnelandse produk
‘n Kromme wat die verwantskap tussen belastingkoerse en
belastinginkomste toon
Laffer
‘n Handelsbeleid wat die vervanging van ingevoerde goedere met
plaaslik geproduseerde goedere bevorder
Invoervervanging
‘n Ruimtelike gebied vir streeksontwikkeling wat ‘n deurgang vorm
Korridor
Teruggee van grond aan diegene wat dit weens diskriminerende
wette in die verlede verloor het
Grondrestitusie
Verwydering van onnodige wette en regulasies om die werking van
die ekonomie te verbeter
Deregulering
‘n Stel rekeninge wat ‘n sistematiese optekening van die handels-
en finansiële transaksies tussen ‘n land en die res van die
wêreld toon
Betalingsbalans
Die kromme wat die verwantskap tussen belastingkoerse en
belastinginkomste toon
Laffer-kromme
Die mark wat by die koop en verkoop van buitelandse geldeenhede
betrokke is
Buitelandse wisselkoers / Forex
‘n Ruimtelike gebied wat ‘n deurgang vorm, wat toegang van een
gebied na ‘n ander bied, as deel van streeksontwikkeling
Korridor
Dit word gebruik om die prestasie en neigings van ekonomiese
veranderlikes met verloop van tyd te meet
Ekonomiese aanwyser
Die onttrekking van geld uit die ekonomiese kringloop
Lekkasie
‘n Skommeling/Fluktuasie in ekonomiese aktiwiteite oor tyd
Sakesiklusse
‘n Tarief wat as ‘n persentasie van die waarde van ingevoerde
goedere gehef word
Ad valorem
Die afstand vanaf die tendenslyn na die piek en die trog
Amplitude
Die Wet wat gelyke werksgeleenthede vir almal bevorder
Gelyke Indiensneming
Vergelyk ‘n land se uitvoerpryse met sy invoerpryse deur middel
van indekse
Ruilvoet
Mense in die ekonomies bedrywige bevolking wat bereid en in
staat is om te werk, maar nie ‘n werk kan kry nie
Werkloosheid
Die proses waardeur die lewenstandaard van mense in ‘n land
verbeter
Ekonomiese ontwikkeling
Die handelsbeleid waarvolgens die land die plaaslike produksie
van goedere aanmoedig eerder as om die goedere in te voer
Invoervervanging
Wanneer owerhede doelbewus die waarde van ‘n geldeenheid
verhoog
Revaluasie
Die draaipunt in die sakesiklus waar die vlak van ekonomiese
aktiwiteite op sy laagste is
Trog
‘n Land se rekord van transaksies met die res van die wêreld vir ‘n
ruk lank
Betalingsbalans
Geld wat die ekonomiese kringloop binnevloei
Inspuitings
Die proses waar ‘n betreklike klein verandering in inspuitings
‘n proporsioneel groter styging in nasionale inkome tot gevolg het
Vermenigvuldiger
‘n Mark vir korttermynbesparings en -lenings
Geld / finansiële
Goedere en dienste, soos onderwys, wat die samelewing as
‘n geheel bevoordeel
Meriete / publieke
Die sektor wat ingesluit moet word vir die ekonomie om as ‘n oop
ekonomie beskou te word
Buitelands / internasionaal
Die koëffisiënt wat die ongelykheid van inkome meet
Gini-koëffisiënt
Die aantal jaar wat ‘n persoon na verwagting sal bly lewe
Lewensverwagting
Die doelbewuste vermindering in die waarde van ‘n land se
geldeenheid
Devaluasie
Onderwys- en gesondheidsdienste wat deur die staat voorsien
word
Meriete goedere/openbare goedere
‘n Model wat die vloeie tussen die deelnemers in die ekonomie
illustreer
Ekonomiese kringloop model
Die grootste bydraer tot staatsinkomste
Persoonlike inkomstebelasting
Die beleid wat in 1994 in Suid-Afrika geïmplementeer is om die
ongelykhede van die verlede reg te stel
Heropbou en ontwikkelingsprogram (HOP)
Die instelling in Suid-Afrika wat vir monetêre beleid verantwoordelik
is
Suid-Afrikaanse Reserwebank
‘n Ekonomie wat die buitelandse sektor insluit
Oop ekonomie / viersektorekonomie
Die korttermyn- en baie korttermynmark vir spaargeld en lenings
Geldmark
‘n Kurwe wat die verwantskap tussen belastingkoerse en belasbare
inkomste toon
Laffer-kurwe
Die wêreldwye interaksie van ekonomieë, met handel as ‘n
sleutelelement
Globalisering / vryehandel / internasionale handel / buitelandse
handel
Die koers waarteen banke geld by die Reserwebank leen
Repokoers / terugkoopkoers
Die verwydering van onnodige regulasies wat die vrye werking van
markte beperk
Deregulering
ʼn Klein aanvanklike toename in besteding produseer ʼn proporsioneel
groter toename in totale nasionale inkomste
Vermenigvuldiger
ʼn Aanduiding van die algemene rigting van die ekonomie
Tendenslyn
Die optrede deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank om af en toe die
balans te verander wat banke moet handhaaf.
Kontantreserwevereiste
ʼn Doelbewuste afwaartse aanpassing aan die waarde van ʼn land se
geldeenheid, relatief tot ʼn ander geldeenheid
Devaluasie
ʼn Model wat die verband tussen belastingkoerse en
belastinginkomste toon
Laffer-kurwe
’n Regeringsbeleid wat staatsuitgawes en belasting gebruik om
ekonomiese aktiwiteit te beïnvloed
Fiskale beleid
‘n Wisselkoersstelsel waar die waarde van die geldeenheid slegs
deur markkragte bepaal word
Vryswewende/buigsame
Die vloei van goedere, dienste en produksiefaktore tussen
huishoudings en besighede
Reële vloei
Sakesiklusse wat deur veranderinge in konstruksieaktiwiteite
veroorsaak word, wat vir 15 tot 20 jaar duur
Kuznets/ bousiklusse
Verkoop van goedere op ‘n buitelandse mark teen ‘n prys laer as
die produksiekoste in die land van oorsprong
Storting
Infrastruktuur en belegging wat die algemene welsyn van die
samelewing verbeter
Sosiale kapitaal/fisiese kapitaal/sosiale infrastruktuur
Meet die aantal kinders wat voor die ouderdom van een jaar oud
sterf
Kindermortaliteit
Die totale waarde van finale goedere en dienste wat binne die
landsgrense in ‘n gegewe tydperk geproduseer is
Bruto binnelandse produk
Voorspel die toekomstige ekonomiese aktiwiteite deur feite of
inligting wat bekend is, te gebruik
Ekstrapolasie
Rekord van alle handels- en finansiële transaksies tussen ‘n land
en die res van die wêreld
Betalingsbalans