Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings -en siektes Flashcards
Doel van Wet op Vergoeding vir Beroepbeserings en- siektes.
• Bied ‘n omvattende beskerming aan werknemers wat beseer is in die loop van die
uitvoering van hul pligte.
• WoVBS is van toepassing op alle deeltydse en voltydse werkers wat beseer word
a.g.v ‘n werkplekongeluk.
• Dit sluit werkers uit wat hulle skuldig maak aan onwettige wangedrag.
• Dit maak voorsiening vir die vestiging van ‘n Vergoedingsraad wie se funksie is om
die Minister van Arbeid te adviseer oor die bepalings van WoVBS.
Impak van die Wet op Vergoeding vir Beroepbeserings en -siektes op besighede
Voordele
• Bevorder veiligheid in die werksplek.
• Werknemers dra nie tot hierdie fonds by nie.
• Eis prosesse is relatief eenvoudig.
Nadele
• Eisprosesse kan tydrowend wees.
• Huishoudelike werkers word nie gedek nie.
• Werkers wat tydelik in diens in die buiteland is, word nie gedek nie.
Diskriminerende optrede volgens Wet op Vergoeding vir Beroepbeserings en -siektes.
• Werkgewers wat werknemers verhoed om die ongeluk aan te meld.
• Die verskaffing van vals inligting oor vorige, ernstige ongelukke.
• Werkgewers wat nie tot die Vergoedingsfonds bydra nie.
• Werkgewers wat nie eise vir beserings toelaat nie en diskrimineer teen beseerde
werknemers.
• Werkgewers wat die eisproses te vertraag.
Strawwe/Boetes vir nie-nakoming van Wet op Beroepbeserings en -siektes
• Besighede kan beboet word vir die weiering om die eis in te dien.
• Besighede kan gedwing word om groot betalings te maak indien dit nie die nodige
voorsorgmaatreëls volgens die Wet geneem het nie.
• Hulle kan gedwing word om enige verhalingskoste wat deur die Vergoedingsfonds
vereis word, te betaal.
• Werknemers mag ondernemings hof toe neem om hulle nie by die Kommissaris van die Vergoedingsfonds geregistreer is nie.
• Indien besighede skuldig bevind word aan enige wangedrag, sal hulle groot boetes moet betaal.
Maniere waarop besighede aan die Wet op Beroepbeserings en -siektes kan voldoen
• Besighede moet ‘n gesonde veilige werksomgewing voorsien
• Maak seker dat die toerusting in goeie kondisie is.
• Rapporteer alle voorvalle wat besering van werknemers
• Heffings moet aan die Vergoedingsfonds betaal word.
• Werkgewers mag nie aftrekkings vir WoVBS van werknemers se
vergoedingspakkette maak nie.