Wet op Verbruikersbeskerming Flashcards

1
Q

Doel van die Wet op Verbruikersbeskerming

A
  • Bevorder verantwoordelike verbruikersgedrag.
  • Stel nasionale standaarde in om verbruikers te beskerm.
  • Verseker dat verbruikers nie mislei word deur verskaffers van goedere/dienste
  • Beskerm verbruikers teen oneerlike besighede.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Impak van die Wet op Verbruikersbeskerming op besighede

A

Voordele
• Besighede word beveilig van oneerlike mededingers.
• Besighede kan beskerm word indien hulle as verbruikers beskou word.
• Verhoed dat groter besighede kleiner ondernemings ondermyn.

Nadele
• Strawwe vir nie-nakoming kan baie hoog wees.
• Besighede mag onnodig belas voel deur regsprosesse.
• Hulle moet meer inligting oor hul produkte en prosesse bekend maak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Diskriminerende optrede volgens die WoVB

A
  • Om behoorlike inligting oor die produk aan kliёnte deur te gee.
  • Om kliënte anders te behandel gebaseer op ras.
  • Onregverdige pryse vir dieselfde goedere en dienste te vra.
  • Om die gehalte van goedere af te wissel by die verkoop in verskillende gebiede.
  • Enige verbruikersgroep oor ‘n ander te prioritiseer wanneer bemarking plaasvind.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Boetes vir nie-nakoming van die Wet op Verbruikersbeskerming.

A

• ‘n Kontrak kan nietig gelewer word of ‘n boete of termyn van direkte gevangenisstraf
opgelê word.
• Besighede mag boetes of gevangenisstraf in die gesig staar vir ‘n tydperk nie langer
as 10-jaar nie.
• Regeringsagentskappe mag oudits doen, boetes verorden of selfs jou besigheid
heeltemal ontbind.
• Besighede sal gedwing word om verbruikers te vergoed in ooreenstemming met die
mate waarin hul regte geskend is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Maniere waarop besighede aan die Wet op Verbruikersbeskerming kan voldoen

A
  • Openbaar pryse van alle produkte wat op uitverkoping is.
  • Verskaf voldoende opleiding aan personeel oor die WoVB.
  • Alle ooreenkomste moet voorsiening maak vir ‘n vyf-dag afkoelperiode.
  • Maak seker dat goedere wat aangebied word, van dieselfde gehalte is.
  • Voldoen aan die vereistes t.o.v promosiekompetisies.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Regte van verbruikers volgens die Wet op Verbruikersbeskerming

A

(a) Reg om te kies
• Verskaffers en goedere te kies.
• Rond te soek vir die beste pryse.

(b) Reg op privaatheid en vertroulikheid
• Verbruikers het die reg om ongewenste direkte bemarking te stop.
• Hulle het die reg om `n klag in te dien oor die uitdeel van hul persoonlike besonderhede.

(c) Reg op regverdige en eerlike handelinge
• Verskaffers mag nie fisiese krag gebruik om kliënte te teister nie.
• Verskaffers mag nie valse inligting gee nie.


(d) Reg op inligting oor produkte en ooreenkomste
• Kontrakte en ooreenkomste moet in gewone taal wees en maklik wees om te verstaan.
• Besighede moet produkte en handelsbeskrywings korrek uitbeeld.

(e) Reg op billike bemarking
• Besighede moenie verbruikers mislei op pryse en gebruike van goedere nie.
• Verbruikers kan aankope kanselleer wat gemaak is deur direkte bemarking binne vyf werksdae.

(f) Reg tot aanspreeklikheid van verskaffers
• Verbruikers het die reg om in lay bye-ooreenkomste beskerm te word.
• Besighede moet kredietbewyse en voorafbetaalde dienste eer.

(g) Reg op regverdige bepalings en voorwaardes
• Besighede moet verbruikers voorsien van skriftelike kennisgewings van klousules wat verbruikersregte mag beperk.
• Besighede mag nie goedere teen onbillike pryse verkoop nie.

(h) Reg op gelykheid in die verbruikersmark
• Besighede moet nie toegang tot goedere en dienste beperk nie.
• Besighede mag nie verskillende pryse vir dieselfde goedere hef nie.

(i) Reg om goedere terug te keer
• Goedere wat gebreek is, mag deur die verskaffer vervang word.
• Foutiewe items kan vir ‘n volle terugbetaling terugbesorg word.

(j) Reg om te kla
• Verbruikers mag verskeie kanale gebruik om oor swak gehalte goedere te kla.
• Hulle kan kla via verbruikers hotlines.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly