Wet op Vaardigheidsontwikkeling Flashcards
Doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling.
- Ontwikkel die vaardighede van mense in Suid-Afrika om produktiwiteit te verbeter.
- Belê in onderwys en opleiding van werkers.
- Verbeter die kanse om werk te kry vir voorheen benadeelde mense.
- Moedig werkers aan om aan leerprogramme deel te neem.
Impak van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling op besighede.
Voordele
• Lei werknemers op om produktiwiteit in die werkplek te verbeter.
• Bevorder self-indiensneming en swart entrepreneurskap
• Werkplekdiskriminasie kan deur opleiding aangespreek word.
Nadele
• Verhoog koste omrede die proses ‘n groot hoeveelheid papier werk vereis.
• Implementering van die WoV kan moeilik wees om te monitor en te beheer.
• Baie besighede mag hierdie regeringsinisiatief nie ondersteun nie.
Diskriminerende optrede volgens die Wet op Vaardigheidsontwikkeling.
• Om te verhoed dat werknemers vir ‘n leerlingskap onderteken a.g.v hul ouderdom of . posisie in die werkplek.
• Onregverdige bevordering van vaardighede en opleiding aan sekere werknemers.
• Die verskaffing van indiensnemingsdienste vir wins sonder om as n werkgewer
geregistreer te word.
• Verstrek vals inligting in enige voorgeskrewe dokumente.
Boetes vir nie-nakoming.
• Besighede wat nie die Vaardigheidsontwikkelingsheffing betaal nie, mag nie
leerlingskap van die SOD aanbied nie.
• ‘n Arbeidsinspekteur kan die besigheid beveel om op te hou bedryf indien die
besigheid aan onwettige praktyke skuldig bevind word.
Maniere waarop besighede aan die Wet op Vaardigheidsontwikkeling kan voldoen
• Werkgewers wat werknemerbelasting (PAYE) insamel, moet by die SOOO`s registreer.
• Een persent van ‘n werkgewer se salaris moet aan die SOOO oorbetaal word.
• Besighede moet by SAID (SARS) registreer in die gebied waarin hul besighede
geklassifiseer word (ingevolge die SOOO).
• Moedig werknemers aan om aan leerlingskappe en ander opleidingsprogramme deel
te neem.
• Voorsien aan alle werknemers die geleentheid om hulle vaardighede te verbeter.
Rol /funksies van die SOOO’s (SETA`s)
- Raporteer aan die Direkteur-Generaal.
- Leerdersskappe te bevorder en te vestig.
- Versamel heffings in en betaal toelaes uit soos benodig.
- Registreer leerprogramme.
- Monitor die werklike opleiding deur diensverskaffers.
Bevondsing van die SOOOs (SETA
s)
• Vaardigheidsontwikkelingsheffings word deur werkgewers aan die SAID betaal as n . invoeringsagentskap vir die regering.
• Skenkings ontvang van die publiek.
• Wergewers wat n salarisrekening van meer as R500 000 per jaar verdien moet 1%
van hulle jaarlikse salaris as n heffing betaal.
• Fondse ontvang van die lewering van hul dienste.
Betekenis van leerderskap
- Gestruktureerde leerprogram voltooi gedurende werksure vir ‘n bepaalde tydperk.
- Ooreenkoms tussen ‘n leerling, werkgewer en ‘n opleidingsverskaffer.
Betekenis van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
- Verhoog toegang tot programme wat mense oplei.
- Bou opleidingsentrums.
- Verbeter sosiale ontwikkeling deur ekonomiese ontwikkeling
Betekenis van die Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie
- Spreek vaardigheidstekorte in die Suid-Afrikaanse arbeidsmag aan.
- Ontwikkel korttermyn- en langtermyn arbeidsmagvaardighede.
- Verbeter die verskaffing van vaardighede.