Wet op Arbeidsverhoudinge Flashcards
Doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge
- Bevorder kollektiewe bedinging by die werksplek.
- Billike arbeidspraktyk tussen die werkgewers en werknemers te bevorder.
- Bevorder werkplekforums om werknemers in besluitneming te akkommodeer.
- Voorsien ‘n raamwerk vir arbeidsverhoudinge tussen werkgewers en werknemers.
Impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge op besighede
Voordele
• Bevorder ‘n gesonde verhouding tussen die werkgewer en werknemers.
• Beskerm die regte van besighede in arbeidsverwante kwessies.
• Arbeidsgeskille word vinniger opgelos en is goedkoper.
Nadele
• Verminderde globale mededingendheid a.g.v laer produktiwiteit.
• Produktiwiteit mag afneem indien werknemers gedurende werkstyd aan die
vakbonde mag deelneem.
• Koste van arbeid styg a.g.v regsstakings.
Diskriminerende optrede volgens die Wet op Arbeidsontwikkeling.
- Onwettige ontslag van werknemers.
- Om te verhoed dat werknemers by vakbonde aansluit.
- Weier die vestiging van werkplekforums.
- Om werknemers te dwing om lidmaatskap van vakbonde prys te gee.
- Om nie toe te laat dat werknemers aan wettige stakings deelneem nie.
Boetes vir nie-nakoming van die Wet op Arbeidsontwikkeling.
• Die werkgewer kan gedwing word om in ‘n dispuut-oplossing proses in te tree.
• Besighede sal beboet word indien hulle versuim om te voldoen aan die
ooreenkomste wat tydens die dispuut-oplossing bereik is nie.
• Besighede wat versuim om aan hierdie Wet te voldoen, kan dit finansieёl kos bv.
regsgelde en boetes waag.
Maniere waarop besighede aan die Wet op Arbeidsontwikkeling kan voldoen
- Werknemers moet nie onwettig ontslaan word nie.
- Ondersteun die vestiging van werkplekforums.
- Werkgewers moet nie enige kollektiewe ooreenkoms oortree nie.
- Besighede moet werknemers toelaat om vakbonde te vorm.
- Alle relevante inligting wat deur vakbondverteenwoordigers vereis word, bekend te maak om hul werk doeltreffend te doen.
Die regte van werkgewers en werknemers volgens die Wet op Arbeisontwikkeling.
Regte van werkgewers
• Stig werkgewer-organisasies.
• Vorm ‘n bedingingsraad vir kollektiewe bedingingsdoeleindes.
• Werkgewers het die reg om werknemers wat betrokke is by onwettige stakings uit te
sluit.
• Werknemers af te dank wat betrokke is by ‘n onbeskermde stakings.
Regte van werknemers
• Werknemers kan by ‘n vakbond van hul keuse aansluit.
• Verwys onopgeloste werkplekgeskille na die KVBA.
• Verwys onopgeloste KVBA-dispute na die Arbeidshof op appèl.
• Versoek vakbondverteenwoordigers om werknemers in die griewe te
verteenwoordig.