Nasionale Kredietwet Flashcards
Doel van die Nasionale Kredietwet
- Bevorder ‘n billike maar mededingende kredietmark.
- Voorsiening te maak vir die vestiging van die NKR
- Bevorder die sosiale en finansiële belang van verbruikers.
- Maak seker dat verbruikers weet wat by hul kredietkontrakte ingesluit is.
Impak van die Nasionale Kredietwet op besighede
Voordele
• Strenger kredietbeheer lei tot beter kontantvloei.
• Beskerm besighede teen nie-betalende verbruikers.
• Gemagtigde kredietverskaffers mag meer kliënte lok.
Nadele
• Besighede kan nie meer kredietbemarking uitvoer nie.
• Besighede sukkel om krediet soos oortrokke bankrekening te kry
• Besighede wat nie aan die NKW voldoen nie, mag regstappe in die gesig staar.
Diskriminerende optrede volgens die Nasionale Kredietwet.
- Weier krediet aan kliënte gebaseer op ras.
- Bied verskillende rentekoerse aan kliënte gebaseer op ras.
- Swartlys-kliënte sonder om pogings te maak om die skuld te verhaal
Boetes vir nie-nakoming van die Nasionale Kredietwet.
- Die besigheid mag nie betaling eis, dagvaar of wegneem by verbruikers se salarisse nie.
- Die besigheid mag geen ander heffings op daardie spesifieke kredietooreenkoms hef nie.
- Die hof kan die toestaan van krediet, deur die besigheid roekeloos verklaar en mag verbruikers beveel om nie die krediet aan die besigheid terug te betaal nie
- Die NKR kan ‘n boete op die besigheid vir nie-nakoming oplê.
- Die besigheid sal alle koste dra om die negatiewe inligting van kliënte wat geswartlys was a.g.v roekelose uitleen te verwyder.
Maniere waarop besighede aan die Nasionale Kredietwet kan voldoen
- Bied aansoekers voorooreenkomsstate aan.
- Alle koste van die lening moet aangedui word.
- Verkry kredietrekords van kliënte voordat lenings toegestaan word.
- Besighede moet by die NKR geregistreer wees.
- `n Jaarlikse nakomingsverslag moet ingedien word by die NKR.
Verbruikersregte in terme van die Nasionale Kredietwet
- Om aansoek te doen vir krediet en om vry van diskriminasie te wees.
- Inligting te ontvang in `n eenvoudige en verstaanbare taal.
- Dokumente te ontvang soos deur die Wet vereis.
- Die reg op redes vir die afkeur van `n kredietaansoek.
- Billike en verantwoordelike bemarking.