Sakestrategiee Flashcards

1
Q

Definisie van n Strategie

A
  • ‘n Strategie is ‘n langtermynplan van aksie om ‘n doel te bereik.
  • Die besigheid het ‘n strategie nodig om sy visie en missie te bereik.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Die Strategiese Bestuursproses

A
  • Hersien of analiseer hul vissie- en missiestelling
  • Voer ‘n omgewingsanalise uit deur modelle soos PESTWO gebruik te maak.
  • Formuleer ‘n strategie soos ‘n afleggingstrategie.
  • Implementeer ‘n strategie deur ‘n templaat soos ‘n aksieplan te gebruik.
  • Evalueer die geïmplementeerde strategie om gapings in die implementering van die aksieplan te identifiseer.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Samestelling van n SSGB- analise

A

STERKPUNTE
• Wat is positief binne die besigheid.

SWAKPUNTE
• Wat is negatief binne die besigheid.

GELEENTHEDE
• Wat is positief buite die besigheid.

BEDREIGINGS
• Wat is nagatief buite die besigheid.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

PORTER SE VYF KRAGTE MODEL

A
  • Mag van verskaffers
  • Mag van kopers
  • Mag van mededingers
  • Bedreiging van vplaasvervangersprodukte
  • Hindernisse van nuwe toetreders tot die mark
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

TOEPASSING VAN PORTER SE VYF KRAGTE MODEL

A

Mag van verskaffers
• Assesseer die krag van die verskaffers in die beïnvloeding van pryse
• Verskaffers wat produk van hoë gehalte lewer, mag krag bo die onderneming hê.
• Hoe kragtiger die verskaffers, hoe minder beheer het die onderneming daaroor.

Mag van kopers
• Beoordeel hoe maklik dit is vir kliënte om pryse af te dryf.
• Kopers wat in grootmaat koop, kan winskoop,stry vir pryse in hul guns
• Doen marknavorsing om meer inligting oor sy kopers in te samel.

Krag van mededingers
• As mededingers ‘n unieke produk het, sal hulle groter krag hê.
• ‘n Besigheid met baie mededingers in dieselfde mark het baie min krag in hul mark.
• Stel ‘n mededinger se profiel op sodat hulle hul eie krag sowel as dié van mededingers kan bepaal.

Bedreiging van plaasvervangersprodukte
• As die besigheid se produk maklik vervang kan word, verswak dit die krag van die
besigheid in die mark.
• Stel vas of die verkopers van plaasvervangerprodukte hul laer gehalte goedere
verkoop teen laer pryse
• As die besigheid unieke produkte verkoop, sal dit nie deur
plaasvervangerprodukte bedreig word nie.

Hindernisse van nuwe toetreders tot die mark
• As die hindernisse om die mark te betree laag is, is dit maklik vir nuwe
ondernemings om die mark te betree.
• As daar ‘n paar verskaffers van ‘n produk is, maar baie kopers, kan dit maklik wees
om die mark te betree.
• Nuwe mededingers kan maklik die mark betree, as dit min tyd neem om die mark
te betree.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

PESTWO ANALISE

A
  • Politieke faktore
  • Ekonomiese faktore
  • Sosiale faktore
  • Tegnologiese faktore
  • Wetlike faktore
  • Omgewingsfaktore
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Politieke Faktore

A

UITDAGINGS
• Sommige regeringsbeleide kan besighede beïnvloed
• Handelsooreenkomste kan verhoed dat besighede ‘n paar produkte kan invoer.

AANBEVELINGS
• Ondersoek onlangse regeringsbeleid
• Handel slegs met lande wat gunstige handelsooreenkomste met die regering het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Ekonomies Faktore

A

UITDAGINGS
• Inflasie kan ‘n negatiewe uitwerking op besigheid hê.
• Lenings kan duur wees a.g.v hoë rentekoerse.

AANBEVELINGS
• Oorweeg dit om winsgrense te verminder eerder as om produkpryse te verhoog.
• Leen geld by finansiële instellings wanneer rentekoerse gunstig is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Sosiale Faktore

A

UITDAGINGS
• Kliënte kan nie produkte bekostig nie weens lae inkomstevlakke.
• Besighede mag nie bekend wees met die taal van hul kliënte nie.

AANBEVELINGS
• Verkoop plaasvervangerprodukte teen laer pryse.
• Leer plaaslike tale.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Tegnologiese Faktore

A

UITDAGINGS
• Besighede mag nie bewus wees van die nuutste tegnologie nie.
• Besighede sal dalk nie nuwe tegnologie kan bekostig nie.

AANBEVELINGS
• Doen deurlopende navorsing oor die nuutste beskikbare tegnologie in die mark.
• Kies geskikte verskaffers vir nuwe toerusting teen billike pryse.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wetlike Faktore

A

UITDAGINGS
• Sekere Wette kan ‘n direkte impak op ‘n besigheid hê, bv. WoVB
• Wetlike vereistes vir die bedryf van sekere tipes besighede is tydrowend.

AANBEVELINGS
• Voldoen aan alle relevante wetgewing wat ‘n impak op besighede kan hê.
• Begroot vir hoë regsinstellingskoste.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Omgewing Faktore

A

UITDAGINGS
• Chemikalieë in besigheid se produkte kan skadelik wees vir kliënte
• Maatreëls om van besigheidsafval ontslae te raak, mag duur wees.

AANBEVELINGS
• Chemikalieë moet duidelik op verpakking aangedui word om kliënte in te lig oor
moontlike newe-effekte.
• Implementeer kostedoeltreffende maatreëls om van mediese afval ontslae te raak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Integrasie-strategieё

A

Voorwaartse vertikale integrasie
• Die besigheid kombineer besigheid met of neem sy verspreiders oor.
• Behels die uitbreiding van besigheidsaktiwiteite om beheer te kry oor direkte
verspreiding van die produkte.

Terugwaartse vertikale integrasie
• Die besigheid kombineer besigheid met of neem sy verskaffers oor.
• Die doel is om die onderneming se afhanklikheid van die verskaffer te verminder.

Horsontale integrasie
• ‘n Besigheid neem beheer oor ander besighede in dieselfde bedryf
• Die doel is om die bedreiging van mededinging te verminder.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Intensiewe strategieё

A

Markpenetrasie
• Nuwe produkte dring ‘n bestaande mark binne teen ‘n lae prys, totdat dit
welbekend is aan die kliënte en dan styg die pryse.
• Dit is ‘n groeistrategie waar besighede daarop fokus om bestaande produkte aan
bestaande markte te verkoop.

Markontwikkeling
• Dit is ‘n groeistrategie waar besighede daarop gemik is om sy bestaande produkte
in nuwe markte te verkoop.
• Hierdie strategie behels die vind van nuwe markte en nuwe maniere om produk te
versprei.

Produkontwikkeling
• Dit is ‘n groeistrategie waar besighede ten doel het om nuwe produkte in
bestaande markte bekend te stel.
• Besighede genereer nuwe idees en ontwikkel nuwe produkte.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly