Wet op Basiese Diensvoorwaardes Flashcards
Doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
• Voorsien duidelike bepalings en diensvoorwaardes vir werkgewers en
werknemers.
• Stel minimum standaarde vir die dienskontrak.
• Bevorder ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike geregtigheid
• Reguleer die reg op billike arbeidspraktyke soos uiteengesit in die Grondwet.
Impak van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
Voordele
• Bevorder billike behandeling van werknemers in besighede.
• Moedig konsultasie tussen werkgewers en werknemers aan.
• Beskryf minimum vereistes wat die basis van dienskontrakte vorm.
Nadele
• Die opstel van ‘n formele indiensnemingskontrak mag tydrowend wees.
• Besighede mag dienskontrakte negatief ag en mag dit nie implementeer nie, wat
boetes tot gevolg het.
• Die huur van goedkoop arbeid is nie meer moontlik nie, dus kan besighede nie
werkers uitbuit nie.
Diskriminerende optrede volgens die Wet op Bsieses Diensvoorwaardes.
• Om werknemes te verbied om salarisse met medewerknemers te bespreek.
• Om te verhoed dat werkers toegang tot dienskontrakte het.
• Weier om ‘n geldige mediese sertifikaat van ‘n siek werker te aanvaar.
• Weier om ‘n werker gesinsverantwoordelikheidsverlof toe te gee om ‘n siek
familielid te ondersteun.
Boetes wat ondernemings in die gesig mag staar as hul nie aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes voldoen nie.
• Arbeidsinspekteurs mag vrae oor klagtes ondersoek en rekords as bewys verwyder.
• Besighede kan na die arbeidshof geneem word vir ‘n uitspraak.
• Besighede wat skuldig bevind word aan nie-nakoming mag swaar boetes in die gesig
staar.
• Hulle kan beveel word om vergoeding en skadevergoeding aan die werknemer te
betaal.
• Die Direkteur-generaal kan die nakomingsbevel meer saamstem.
Maniere waarop besighede aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes kan voldoen.
- Oortyd moet nie meer as 10 ure per week uitbrei nie.
- Werkers kan tot ses weke betaalde siekteverlof neem tydens ‘n 36-maande-siklus.
- Werkers moet dubbel ontvang indien hulle gedurende Sondae werk.
- Hulle moet ‘n breek van 60 minute na vyf ure se werk hê.
- Besighede moet nie kinders onder die ouderdom van 16 in diens neem nie.
Bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
(a) Ure van werk / Werksure
• Werkers mag nie vir meer as 45 ure in enige week werk nie.
• Werkers kan agt uur per dag werk as hulle meer as vyf dae per week werk.
(b) Oortyd
• Werkers moet instem om oortyd te werk.
• Werkers kan nie meer as 10 uur per week oortyd werk nie.
(c) Verlof
(d) Maaltydbreek en rusperiodes
• Werkers moet ‘n maaltydbreek van 60 minuut na vyf aaneenlopende werksure hê.
• ‘n Werker moet ‘n daaglikse rusperiode van 12 aaneenlopende ure hȇ.
(e) Openbare vakansiedae/ Sondae
• Werkers moet betaal word vir enige openbare vakansiedae wat op ‘n werksdag val.
• Werk op openbare vakansiedae is per ooreenkoms en betaal teen dubbel die koers.
(f) Beëindiging van indiensneming
• ‘n Minimum van vier weke kennisgewing moet gegee word, indien die werker vir ‘n jaar of langer in diens geneem is.
• Die werknemer moet skriftelik kennis gee.
(g) Kinder- en gedwonge arbeid
• Dit is onwettig om ‘n kind jonger as 16 jaar in diens te neem.
• Dit is ook onwettig om iemand te dwing om te werk.
Tipes Verlof
Jaarlikse verlof
• ‘n Werkgewer kan slegs ‘n werker in plaas van verlof betaal indien daardie werker se dienskontrak beëindig.
• Jaarlikse verlof moet binne ses maande nadat die verlofsiklus geëindig het, toegestaan word.
Siek verlof
Werkers is geregtig op:
• Werknemers is geregtig op dertig dae betaalde siekteverlof in ‘n drie jaar siklus.
• ‘n Mediese sertifikaat kan vereis word voordat ‘n werknemer betaal word wat vir meer as twee agtereenvolgende dae afwesig.
Kraamverlof / Aannemingsverlof
• ‘n Swanger werknemer is geregtig op vier agtereenvolgende maande verlof.
• ‘n Swanger werknemer mag nie toegelaat word om werk uit te voer wat gevaarlik is vir haar ongebore kind nie.
Gesinsverantwoordelikheid verlof / Vaderskapsverlof
• Drie tot vyf dae betaalde verlof per jaar op versoek in die geval van die dood van die werknemer se lewensmaat.
• Manlike werknemers is geregtig op n minimum van 3-5 dae se verlof wanneer sy kind gebore is.
Ouerverlof:
• ‘n Werknemer wat ‘n ouer is, is geregtig op tien opeenvolgende dae se ouerverlof na die geboorte van sy/haar kind.
• Ouerverlof is onbetaald, maar die werknemer kan van die WVF eis.