Menslike Hulpbron Aktiwiteite Flashcards
Betekenis van Werwing
• Werwing is die proses wat deur besighede gebruik word om vakature in die
besigheid te identifiseer en geskikte kandidate daarvoor te lok.
• Dit fokus daarop om kandidate te vind wat die nodige kennis het om die vakature te vul.
Werwingsprosedure
• Die menslike hulpbronbestuurder moet ‘n posbeskrywing voorberei, wat die
posspesifikasie identifiseer.
• Die menslike MHB moet die posbeskrywing voorberei om werwingsbehoeftes te
identifiseer.
• MHB moet die posspesifikasie aandui om geskikte kandidate te lok.
• Kies die metode van werwing, bv interne om die geskikte kandidate te bereik.
• Vakatures kan intern geadverteer word via internet e-pos.
Die betekenis van werksanalise /posontleding
- ‘n Werksanalise is ‘n instrument wat deur die menslike hulpbronne funksie gebruik word om inligting oor die besigheid se arbeidsmag te verkry en te ontleed sodat hulle die regte persoon in die regte pos kan plaas.
- ‘n Werksanalise bestaan uit posbeskrywing en posspesifikasie.
Verskil tussen posbeskrywing en posspesifikasie
POSBESKRYWING
• Beskryf verantwoordelikhede van ‘n spesifieke werk.
• Skriftelike beskrywing van die werk en sy vereistes
POSSPESIFIKASIE
• Beskryf die minimum aanvaarbare kwalifikasies wat nodig is vir die werk.
• Skriftelike beskrywing van spesifieke kwalifikasies wat nodig is vir die werk.
INTERNE WERWING
•Verwys na die gebruik van interne bronne om vakatures binne die besigheid te adverteer.
Bronne van Interne werwing • Interne e-posse • Woord van mond binne die besigheid • Besigheidsnuusbrief • Interneverwysings • Kennisgewingborde van die besigheid • Interne bulletins • Aanbeveling van huidige werknemers • ‘Head hunting’ binne die besigheid
IMPAK VAN INTERNE WERWING
Voordele
• Vinniger om die pos te vul.
• Bied geleenthede vir loopbaanpaaie binne die besigheid aan.
• Plasing is maklik, aangesien bestuur die werknemers se persoonlikheid ken.
Nadele
• Dit kan die deur vir nuwe idees van buitestaanders toemaak.
• Werknemers wat nie bevorder word nie, mag gedemotiveerd voel.
• Die aantal aansoekers waaruit om te kies, is slegs tot bestaande personeel beperk.
EKSTERNE WERWING
• Verwys na die gebruik van eksterne bronne om vakatures buite die besigheid te adverteer.
Bronne van eksterne werwing • Werwingsagentskappe • Gedrukte media, bv. koerante • Elektroniese media, bv. TV • Sosiale media • Instap • Head hunting buite die besigheid • Professionele verenigings • Netwerking • Opleidingsinstellings • Woord van mond buite die besigheid
IMPAK VAN EKSTERNE WERWING
Voordele
• Nuwe kandidate bring nuwe idees in die besigheid.
• Daar is ‘n groter poel kandidate om van te kies.
• Verminder konflik tussen huidige werknemers wat aansoek gedoen het vir die pos.
Nadele
• Inligting oor CV’s mag nie betroubaar wees nie.
• Baie ongeskikte aansoeke kan die keuringsproses vertraag.
• Nuwe kandidate neem gewoonlik langer om by ‘n nuwe werksomgewing aan te
pas.
Keuringsprosedure
• Ontvang dokumentasie, bv. aansoekvorms en sorteer dit volgens die kriteria van
die werk.
• Evalueer CV’s en skep ‘n kortlys.
• Gaan inligting in die CV’s en kontakverwysings na.
• Voer onderhoude met gekortlyste kandidate uit.
Sifting as deel van die Keuringsprosedure
- Kontroleer aansoekdokumente teen die vereistes van die werk.
- Kandidate wat aan die minimum vereistes voldoen, word van ander geskei.
- Doen agtergrondkontroles van aansoekers wat vir die werk kwalifiseer.
- Berei ‘n kortlys van geskikte kandidate na sifting voor.
Doel van ‘n Onderhoud
• Om ‘n kandidaat se geskiktheid vir die werk te bepaal.
• Verkry inligting oor die sterkpunte en swakpunte van elke kandidaat.
• Evalueer die vaardighede en persoonlike eienskappe van die aansoeker
• Help die werkgewer met die neem van n ingeligte besluit oor die geskikte
kandidaat.
Rol van die Onderhoudvoerder voor die Onderhoud
• Bespreek en berei die lokaal vir die onderhoud voor.
• Lig alle kortlys kandidate in oor die datum en plek van die onderhoud.
• Stel die onderhoudsdatum en maak seker dat alle onderhoude op dieselfde datum
plaasvind, indien moontlik.
• Die onderhoudvoerder moet ‘n kernstel vrae ontwikkel wat gebaseer is op die
vaardighede wat vereis word.
• Ken dieselfde hoeveelheid tyd op die program toe vir elke kandidaat wat vir die
onderhoud kom.
Rol van die Onderhoudvoerder en Kandidaat tydens die onderhoud.
Rol van die Onderhoudvoerder tydens die onderhoud
• Ken dieselfde hoeveelheid tyd toe aan elke kandidaat.
• Maak die kandidaat gerus.
• Neem kandidaat se antwoorde op vir toekomstige verwysing.
• Moet nie die kandidaat mislei nie.
Rol van die Kandidaat tydens die onderhoud
• Luister aandagtig na die vrae voordat jy reageer.
• Maak oogkontak en he goeie postuur.
• Toon vertroue en het ‘n positiewe gesindheid.
• Wees positief en toon belangstelling in die besigheid.
Betekenis van ‘n Dienskontrak
• n Dienskontrak is 'n ooreenkoms tussen die werkgewer en die werknemer en is
wetlik bindend.
• Mondelinge of
n skriftelike ooreenkoms met verpersoonliking van bepalings en
voorwaardes waaronder ‘n persoon instem om sekere pligte uit te voer in ruil vir ‘n
ooreengekome loon of salaris.
Aspekte wat in `n Dienskontrak ingesluit moet word
- Besonderhede van die werknemer.
- Besonderhede van die werkgewer
- Posontleding
- Begindatum
- Werksure, bv.oortyd
- Byvoordele