Voortplanting Flashcards

1
Q

Definieer:

Voortplanting

A

‘n Biologiese proses waartydens ‘n nuwe individu of individue uit ‘n reeds bestaande individu, ontstaan.

Die organisme se gene word dus na die volgende generasie oorgedra.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Definieer:

Ongeslagtelike voortplanting

A
  • ‘n Mitotiese voortplantingsproses
  • Slegs een ouer is betrokke
  • Alle nakomelinge het dieselfde genetiese samestelling as die ouer
  • Geen gamete is betrokke nie
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Definieer:

Geslagtelike Voortplanting

A
  • ‘n Meïotiese voortplantingsproses
  • Twee ouers is betrokke
  • Genetiese materiaal van die twee ouers vermeng
  • Gamete is wel betrokke
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Voordele van ongeslagtelike voortplanting

A
  • ‘n Groot aantal nakomelinge word onder gustige toestande vinnig en eenvoudig geproduseer
  • Energiebesteding is laag aangesien geen paarmaats gevind hoef te word nie en geen gamete geproduseer word nie.
  • Die nakomelinge sal goed aanpas in dieselfde omgewingstoestande waarin die ouer aangepas het, aangesien die nakomelinge en die ouer identies is.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Nadele van ongeslagtelike voortplanting

A
  • Aangesien daar geen genetiese variasie in die nakomelinge is nie, is aanpassing by veranderende omgewingstoestande moeilik
  • Alle nakomelinge deel dieselfde swak eienskappe. Indien die stabiele omgewing verander, kan die gevolge dodelik wees en hul kans op oorlewing drasties verminder.
  • Sommige metodes van ongeslagtelike voortplanting produseer so baie nakomelinge dat dit tot oorbevolking lei.
  • Kompetisie om voedsel en ruimte verhoog merkbaar.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Voordele van geslagtelike voortplanting

A
  • Nakomelinge toon groter genetiese variasie. Hulle is dus meer aanpasbaar in veranderde omgewings.
  • Dit kan lei tot die vorming van nuwe spesies.
  • Aangesien die ouers se genetiese materiaal vermeng, word die kanse op oorerwing van ‘n swak eienskap vanaf ‘n ouer, verminder.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Nadele van geslagtelike voortplanting

A
  • Die proses neem langer as ongeslagtelike voortplanting. Gameetvorming, die bereik van geslagsrypheid en die vind van paarmaats, neem tyd.
  • Minder nakomelinge word voortgebring, wat die kans op oorlewing verminder.
  • Energiebesteding is hoër as by ongeslagtelike voortplanting, aangesien diere paarmaats moet vind, hofmaak en paar.
  • By plante word spesiale voortplantingsorgane, nl. blomme geproduseer.
  • Negatiewe mutasies en resessiewe gene kom in die fenotipes van die nageslag te voorskyn.
  • Plante benodig agente / tussengangers om stuifmeel en sade te versprei.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Definieer:

Vegitatiewe Voortplanting

A

As ‘n gedeelte van ‘n plant, (bv. die stingel, wortel of blaar) afbreek en tot ‘n nuwe plant ontwikkel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Definieer:

Generasiewisseling

A
  • Die afwisseling van die getofietgenerasie (wat geslagtelik is en gamete voortbring) met die sporofietgenerasie (wat ongeslagtelik is en spore voortbring)
  • Die een generasie gee dus oorsprong aan die ander.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Definieer:

Diploïed

A

Die volledige stel genetiese materiaal in ‘n sel

  • Bestaan uit 2 stelle chromosome - 1 stel afkomstig van die ovum en die ander stel vanaf die spermsel.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Definieer:

Haploïed

A

Die helfte van die volledige stel genetiese materiaal in ‘n sel

  • Bestaan uit ‘n enkele stel ongepaarde chromosome - een chromosoom afkomstig van elke homoloë chromosoompaar in die normale diploïede sel.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Die proses waartydens 2 gamete versmelt

A

Bevrugting

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Definieer:

Dubbele bevrugting by angiosperme

A

Elke ontkiemende stuifmeelkorrel gee oorsprong aan 2 manlike gamete:

  • Een van die manlike gamete versmelt met die eiersel om ‘n sigoot te vorm. Dit is die begin van die volgende sporofietgenerasie.
  • Die ander manlike gameet versmelt met die twee poolkerne in die embriosak om die endosperm (3n) te vorm. Dit dien as voedsel vir die ontwikkelende embrio.

Dubbele bevrugting het plaasgevind, aangesien albei manlike gamete aan die bevrugtingsproses deelgeneem het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Tot wat sal die sigoot ontwikkel?

A

Embrio

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Tot wat sal die saadknop ontwikkel?

A

Saad

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Tot wat sal die vrugbeginsel ontwikkel?

A

Vrug

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Tot wat sal die kiemwortel ontwikkel?

A

Wortelstelsel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Tot wat sal die pluimpie ontwikkel?

A

Stingel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Definieer:

Metamorfose

A

Die proses waartydens sekere diere van fisiese vorm verander gedurende die verskillende ontwikkelingstadiums in hul lewensiklus.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Definieer:

Volledige metamorfose

A

4 stadiums, wat almal verskillend lyk, word in die lewensiklus onderskei nl:

  • eier
  • larwe
  • papie
  • volwassene
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Definieer:

Onvolledige metamorfose

A

3 stadiums word in die lewensiklus onderskei, nl:

  • eier
  • nimf
  • volwassene

Die nimf lyk soos die volwassene, maar is net kleiner en sonder vlerke.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Noem 5 insekte wat volledige metamorfose ondergaan

A
  1. Motte
  2. Vlieë
  3. Miere
  4. Bye
  5. Kewers
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Voordele van volledige metamorfose

A
  • Die verskillende stadiums benut dikwels verskillende voedselbronne en is dus nie in direkte kompetisie met mekaar nie.
  • Geen direkte kompetisie tussen die verskillende stadiums nie. Meer individue van die spesie kan dus gevoed word, wat die dravermoë van die omgewing verhoog.
  • Die verskillende stadia beset dikwels verskillende omgewings. Sou omgewingsweerstand toeneem, kan dit voorkom dat die hele bevolking bedreig word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

Noem 3 Insekte wat onvolledige metamorfose ondergaan

A
  1. Sprinkane
  2. Termiete
  3. Naaldekokers
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
Q

Voordeel van onvolledige metamorfose

A

Die kwesbare larwe- en papiestadiums ontbreek

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
26
Q

Nadele van onvolledige metamorfose

A
  • Die nimf en die volwassene deel gewoonlik dieselfde habitat en kompeteer om dieselfde voedselbron.
  • Die nimf besit ‘n onrekbare eksoskelet en moet vervel om te groei. Direk na vervelling is die insek uiters kwesbaar vir predasie en dehidrasie.
  • Die verskillende stadia leef dikwels in dieselfde omgewing. Indien omgewingsweerstand verhoog, word die hele bevolking bedreig.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
27
Q

Die proses van bestuiwing

A

Bestuiwing is die oordrag van ryp stuifmeel vanaf ‘n helmknop na ‘n vatbare stempel, sodat bevrugting kan plaasvind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
28
Q

Maniere waarop stuifmeel oorgedra word

A
  • Bestuiwers
  • Wind
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
29
Q

Noem die 2 Hoofsaaklike maniere van bestuiwing

A

Kruisbestuiwing

  • Die oordrag van ryp stuifmeel vanaf ‘n helmknop van een blom na die vatbare stempel van ‘n blom op ‘n ander plant.

Selfbestuiwing

  • Dit is die oordrag van ryp stuifmeel vanaf ‘n helmknop na ‘n vatbare stempel op dieselfde plant.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
30
Q

Definieer:

Bestuiwer

A

‘n Organisme wat ryp stuifmeel oordra vanaf ‘n helmknop na ‘n vatbare stempel sodat bevrugting kan plaasvind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
31
Q

Noem 3 voorbeelde van bestuiwers

A
  1. Voël
  2. Vlermuis
  3. Skoenlapper
  4. Bye
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
32
Q

Watter 2 prosesse moet plaasvind vir ‘n sigoot en embrio om te kan ontwikkel?

A
  1. Bestuiwing
  2. Bevrugting
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
33
Q

Die 3 dele waaruit ‘n saad bestaan

A
  1. Embrio
  2. Endosperm / reserwevoedsel
  3. Saadhuid
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
34
Q

4 redes waarom saad belangrik is

A
  1. Sade is aangepas om versprei te word. Verspreiding van spesies en vermindering van kompetisie word so bewerkstellig.
  2. Sade stoor reserwevoedsel in die endosperm vir die vroeë ontwikkeling van die embrio. Reserwevoedsel maak dit moontlik dat sade tydens strawwe weersomstandighede kan oorleef, deur dormant te bly.
  3. Die harde weerstandbiedende saadhuid wat die saad omsluit, beskerm die embrio teen ongunstige toestande.
  4. Die saadlobbe van die embrio verskaf na ontkieming voedsel aan die jong ontwikkelende saailing.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
35
Q

Definieer:

Saadbank

A

‘n Fasiliteit waar sade van verskeie voedselgewasse en plante in die natuur gestoor word, om te poog om biodiversiteit te handhaaf.

36
Q

2 Hoofoorsake van plantbedreiging

A
  1. Habitatsvernietiging
  2. Klimaatsverandering
37
Q

Waarom word die saad van plante wat gekweek is om slegs een gewenste eienskap te vertoon, dikwels in saadbanke gestoor?

A

‘n Gewas wat gekweek is, met slegs een variasie, kan hoogs kwesbaar wees.

‘n Nuwe siekte, wat deur evolusie ontstaan het, kan hierdie gewas aanval en tot grootskaalse vernietiging lei.

Indien sade van hierdie gewas in ‘n saadbank gestoor word, sal dié bepaalde variëteit nie uitsterf nie.

38
Q

Waarom is dit nodig om saad wat gestoor is, na ‘n sekere tydperk weer te plant en die sade te oes?

A

In saadbanke word die sade in droeë, koue omstandighede gestoor.

Aangesien die DNA van sade na ‘n tyd afbreek, moet die sade na ‘n sekere periode geplant word sodat vars sade geoes kan word vir ‘n volgende tydperk van langtermyn storing.

39
Q

4 Gebruike vir sade wat in saadbanke gestoor is.

A

Kan gebruik word om:

  1. Bedreigde of uitgestorwe plante te hervestig
  2. Habitatte wat vernietig of beskadig is, te herstel
  3. Plante wat oorbenut word, te kweek
  4. Nuwe hibriede wat meer gehard en weerstandig teen siektes is, te kweek
40
Q

Definieer:

Voortplantingstrategie

A

Dit is die manier hoe ‘n spesie vir sy energiebesteding begroot om sodoende lewensvatbare nakomelinge voort te bring.

41
Q

Waarom is dit nodig dat diere voortplantingstrategieë gebruik?

A

Hulle gebruik dit om hul voortplantingsukses in verskillende omgewings te verhoog.

42
Q

Waaraan word voortplantingsukses by diere gemeet?

A

Dit word gemeet aan die aantal lewensvatbare nakomelinge wat ‘n individu voortbring.

43
Q

Definieer:

Hofmakery

A

Dit is die gedragspatrone van manlike en vroulike diere wat paring en uiteindelik voortplanting tot gevolg het.

44
Q

Wat is die doel van hofmakery?

A
  • Dit verseker dat beide geslagte gereed is vir paring
  • Dit help om paarmaats van dieselfde spesie te identifiseer en voorkom só vrugtelose paring tussen verskillende spesies.
  • Dit help om ‘n geskikte paarmaat te kies. Wyfies kies dikwels die groter, sterker mannetjies met die meer aantreklike fisiese kenmerke, wat moontlik meer en gesonder nakomelinge tot gevolg sal hê.
45
Q

Definieer:

Bevrugting

A

Die versmelting van ‘n haploïede manlike gameet met ‘n haploïede vroulike gameet om ‘n diploïede sigoot te vorm.

46
Q

2 Bevrugtingstrategieë wat onderskei word.

A

Uitwendige & inwendige bevrugting.

47
Q

Onderskei tussen uitwendige en inwendige bevrugting t.o.v. die plek van bevrugting

A
  • Uitwendige bevrugting vind buite die wyfie se liggaam plaas
  • Inwendige bevrugting vind binne die wyfie se liggaam plaas
48
Q

Onderskei tussen uitwendige en inwendige bevrugting m.b.t. voorbeelde van diere

A
  • Uitwendige bevrugting word meestal by visse en amfibieë, wat in akwatiese habitatte leef, aangetref.
  • Inwendige bevrugting word meestal by insekte en terrestriële vertebrate aangetref.
49
Q

Onderskei tussen uitwendige en inwendige bevrugting t.o.v. waar spermselle vrygestel word

A

Uitwendige bevrugting: Gamete word in die water vrygestel waar bevrugting plaasvind. Die water voorkom dat die gamete uitdroog.

Inwendige bevrugting: Die spermselle word in ‘n vloeistofmedium, direk in die wyfie se liggaam vrygestel. Die spermselle swem na die eierselle om dit te bevrug.

50
Q

Onderskei tussen uitwendige en inwendige bevrugting t.o.v. die aantal gamete wat geproduseer word

A

Uitwendige bevrugting: Groot hoeveelhede gamete word geproduseer en vrygestel, om die moontlikheid dat ‘n spermsel ‘n eiersel sal bevrug, te vergroot.

Inwendige bevrugting: Minder gamete word geproduseer, aangesien die moontlikheid van bevrugting baie groter is.

51
Q

Onderskei tussen uitwendige en inwendige bevrugting m.b.t. energiebesteding tydens produsering van gamete

A

Uitwendige bevrugting: ‘n Groot hoeveelheid energie bestee om die groot aantal gamete te produseer. Dit is nodig om bevrugting te verseker aangesien ‘n groot aantal eier- en spermselle verlore gaan.

Inwendige bevrugting: Minder energie word bestee om die kleiner aantal gamete wat nodig is om bevrugting te verseker, te produseer. Minder gamete, veral eierselle, gaan verlore, omdat dit nie buite die liggaam vrygestel word nie.

52
Q

Onderskei tussen uitwendige en inwendige bevrugting m.b.t. die aantal nakomelinge wat voortgebring word

A

Uitwendige bevrugting: Baie nakomelinge word voortgebring, aangesien daar so baie gamete vrygestel word.

Inwendige bevrugting: Veel minder nakomelinge voortgebring, aangesien minder gamete (veral eierselle) vrygestel word.

53
Q

Onderskei tussen uitwendige en inwendige bevrugting m.b.t. die oorlewingskans van nakomelinge

A

Uitwendige bevrugting: Nakomelinge het ‘n kleiner kans op oorlewing, a.g.v. omgewingsgevare, soos predatore.

Inwendige bevrugting: Groter kans op oorlewing (nakomelinge):

  • By reptiele en voëls word die ontwikkelende embrio deur ‘n dop omsluit, wat dit beskerm wanneer dit die wyfie se liggaam verlaat.
  • By soogdiere, waar die bevrugte eiersel binne die wyfie se liggaam bly en ontwikkel, word dit deur die plasenta beskerm en gevoed.
54
Q

Onderskei tussen uitwendige en inwendige bevrugting m.b.t. samewerkende gedrag tussen manlike en vroulike individue:

A

Uitwendige bevrugting: Baie min samewerkende gedrag tussen die manlike en vroulike individue word vereis.

Inwendige bevrugting: ‘n Groot mate van samewerkende gedrag word vereis.

55
Q

Die rol van spesifieke paringsgedrag

A

Verseker dat die eierselle en spermselle op dieselfde tyd en plek vrygestel word om die moontlikheid van bevrugting te verhoog.

56
Q

Definieer:

Feromone

A

Chemiese stowwe wat vrygestel word:

  • Dien as seine om paarmaats, meestal die mannetjies, aan te trek.
57
Q

Wat word deur die voortplantingstrategie (ovipaar, vivipaar, ovovivipaar)** **bepaal?

A

Dit dui aan:

  • Waar die embrio’s ontwikkel
  • Hoe die embrio’s voedsel ontvang.
58
Q

Definieer:

Ovipaar

A
  • Uitwendige bevrugting vind plaas
  • Die embrio ontwikkel binne ‘n eier, buite die wyfie se liggaam, vandaar die term eierlêend.
59
Q

Definieer:

Ovovivipaar

A
  • Uitwendige bevrugting vind plaas
  • Die bevrugte eierselle bly binne die wyfie se liggaam (in die oviduk) totdat dit volledig ontwikkel is.

Sodra die eier gereed is om uit te broei, word dit gelê. Kort daarna breek die kleintjie deur die sagte vlies wat dit omring, vandaar die term eierlewendbarend.

60
Q

Definieer:

Vivipaar

A
  • Inwendige bevrugting vind plaas.
  • Die bevrugte eierselle besit geen dop nie en die embrio ontwikkel binne die wyfie se uterus en kleintjies word lewend gebore, vandaar die term lewendbarend.
61
Q

Onderskei tussen akwatiese en terestriële ovipare diere t.o.v. die beskerming van die ontwikkelende embrio

A

Akwatiese diere: Die ontwikkelende embrio word omring en beskerm deur ‘n jellieagtige laag.

Terrestriële diere: Die ontwikkelende embrio word omring deur ‘n dop wat die embrio teen uitdroging beskerm.

62
Q

Onderskei tussen akwatiese en terestriële ovipare diere t.o.v. die aantal gamete wat geproduseer word en die gepaardgaande energiebesteding

A

Akwatiese diere: Groot getalle gamete (eierselle en spermselle) word geproduseer, wat baie energie vereis.

Terrestriële diere: Veel minder eierselle geproduseer wat baie minder energie vereis.

63
Q

Onderskei tussen akwatiese en terestriële ovipare diere t.o.v. die hoeveelheid dooier in die eier en die gepaardgaande energiebesteding.

A

Akwatiese diere: Eiers met baie min dooier word geproduseer, wat min energie vereis.

Terrestriële diere: Eiers met ‘n groot hoeveelheid dooier word geproduseer, wat baie energie vereis.

64
Q

Terrestriële diergroepe wat ovovivipaar is

A
  • Voëls
  • Sommige reptiele
  • Primitiewe soogdiere, bv. die eendbekdier en stekelmiervreter
65
Q

Hoe verskil die voeding van die ontwikkelende embrio by diere wat ovovivipaar is, van dié wat vivipaar is?

A

Ovovivipare diere: Die ontwikkelende embrio ontvang voedsel vanaf die groot hoeveelheid dooier wat geproduseer word.

Vivipare diere: Die ontwikkelende embrio ontvang voedingstowwe deur die plasenta, wat met die moeder se liggaam in verbinding is.

66
Q

Vroeë reptiele het deur evolusie amniotiese eiers ontwikkel.

Waarom was dit vir hulle nodig om amniotiese eiers te ontwikkel teenoor die eiers van visse en amfibieë wat bloot deur ‘n jellielaag omring is?

A

Hulle was die eerste werweldiere wat deur evolusie landhabitatte begin bewoon het.

Hulle moes dus eiers ontwikkel wat op land kon oorleef teenoor die eiers van visse en amfibieë wat deur water ondersteun is.

67
Q

Verduidelik hoe ‘n amniotiese eier ontwikkel en die ontwikkelende embrio ondersteun en beskerm.

A

Ontwikkel na inwendige bevrugting ekstra-embrioniese membrane wat met vloeistof gevul is.

Die amniotiese eier voorkom dat die embrio binne die eier uitdroog en verskaf voedingstowwe, water en suurstof aan die embrio, terwyl afvalstowwe verwyder / gestoor word.

68
Q

Ekstra-embrioniese membrane

A

Dit is die membrane wat buite die embrio aangetref word.

69
Q

Funksies van die amniotiese dooiersak

A

Dit is met energieryke dooier gevul en dien as voedsel vir die ontwikkelende embrio’s van reptiele en voëls.

70
Q

Funksies van die amniotiese albumienlaag

A

Dit is die laag wat tussen die chorion en die dop aangetref word en dien as reserwevoedsel (proteïene en water).

71
Q

Funksies van die amniotiese eierdop

A

Die dop is poreus om gaswisseling toe te laat.

Dit beskerm ook die ontwikkelende embrio en voorkom uitdroging.

72
Q

Wat word beskryf deur die ontwikkelingstrategieë prekosiaal en altrisieel?

A

Dit beskryf die mate van ontwikkeling van die embrio wanneer dit uitbroei of gebore word.

73
Q

Definieer:

Prekosiale ontwikkeling

A

Prekosiaal verwys na spesies waar die kleintjies wat gebore of uitgebroei word, feitlik volledig ontwikkel is en onmiddellik beweeglik is.

  • Min nakomelinge word voortgebring aangesien elkeen tot ‘n relatief gevorderde stadium moet ontwikkel voordat dit uitbroei of gebore word.
  • By hierdie diere word die meeste energie bestee aan voorgeboortelike ontwikkeling. Nadat kleintjies uitgebroei of gebore is, is die wyfies redelik onbetrokke.
74
Q

Definieer:

Altrisiële ontwikkeling

A

Die kleintjies is nie volledig ontwikkel as hul uitgebroei of gebore word nie, en kan nie onmiddelik kan rondbeweeg nie.

75
Q

Onderskei tussen altrisiële en prekosiale ontwikkeling t.o.v. die aantal nakomelinge wat voortgebring word

A

Met altrisiële ontwikkeling word meer nakomelinge voortgebring en kleintjies word op ‘n vroeë stadium uitgebroei of gebore.

76
Q

Onderskei tussen altrisiële en prekosiale ontwikkeling t.o.v. die energiebesteding aan voor- en nageboortelike ontwikkeling

A

Met altrisiële spesies word die meeste energie word bestee aan nageboortelike ontwikkeling.

Die ouers is **lank **na die geboorte betrokke by die voeding van die kleintjies asook die beskerming teen predatore.

77
Q

Vergelyk altrisiële en prekosiale diere se kleintjies se oorlewingskans tot voortplantingsouderdom.

A

Prekosiale diere se kleintjies het ‘n groot kans om tot voortplantingsouderdom te oorleef aangesien hulle al op ‘n vroeë ouderdom selfstandig is en na hulself kan omsien.

‘n Groot aantal kleintjies van altrisiële diere sal oorleef tot voortplantingsouderdom aangesien:

  • ‘n groot mate van ouersorg voorkom
  • hul neste/lêplekke dikwels beskut is teen predatore en hul dit eers verlaat wanneer hul na hulself kan omsien en hulself kan beskerm.
78
Q

Definieer:

Ouersorg

A

‘n Gedragspatroon waar die ouer tyd en energie bestee aan die voeding en beskerming van sy/haar nakomelinge.

79
Q

Bespreek die energie-inset wat met ouersorg gepaardgaan.

A

By diere waar die ouers se hoogste energie-inset voorgeboortelik is, is daar gewoonlik geen of baie min nageboortelike ouersorg.

By diere waar die ouers se energie-inset voorgeboortelik minder is, is die nageboortelike ouersorg baie meer intens en vereis baie meer energie.

80
Q

Noem 5 voorbeelde van ouersorg

A
  1. Bewaking van eiers
  2. Uitbroei van eiers
  3. Warm hou van kleintjies
  4. Voeding van kleintjies
  5. Beskerming teen predatore
81
Q

By watter een van die werweldiergroepe kom die minste ouersorg voor?

A

Visse

82
Q

By watter een van die werweldiergroepe kom die meeste ouersorg voor?

A

Soogdiere

83
Q

Van watter biologiese belangrikheid is meiose?

A

Gedurende meiose word die diploïede chromosoomgetal na die haploïede chromosoomgetal halveer om te verseker dat die sigoot weer die diploïede chromosoomgetal het, en nie ‘n verdubbelde getal nie.

84
Q

Die spesifieke proses wanneer spermselle gevorm word?

A

Spermatogenese

85
Q

Die spesifieke prosesse waartydens eierselle gevorm word?

A

Oögenese