Die Menslike oog Flashcards

31
Q

Reseptore in die oog, wat ligstimuli waarneem

A

Fotoreseptore

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
32
Q

Die basiese vorm van die menslike oogbal

A

Sferies

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
33
Q

Die funksie van oogwimpers

A

Beskerm die oog teen vreemde voorwerpe

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
34
Q

Die funksie van die ooglid

A

Beskerm die oog teen vreemde voorwerpe

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
35
Q

Die funksie van die oogspiere

A

Maak oogbewegings in alle rigtings moontlik

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
36
Q

Die funksie van die traanklier

A

Skei antiseptiese trane af wat die konjunktiva teen bakterieë en uitdroging beskerm

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
37
Q

Die funksie van die konjunktiva

A

Het pynseptore wat deur stof en vreemde partikels gestimuleer word

Het dan die oogkniprefleks tot gevolg

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
38
Q

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die kornea.

A

Funksies:

  • Laat ligstrale deur na die dieperliggende lae van die oog
  • Veroorsaak breking van die inkomende ligstrale

Aanpassings:

  • deursigtig
  • meer konveks as die res van die oogbal
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
39
Q

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die sklera.

A

Funksies:

  • Beskerm die inwendige dele van die oog
  • Help om die ronde vorm van die oogbal te behou

Aanpassing:

  • Sterk, onelastiese bindweefsellaag
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
40
Q

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die choroïed

A

Funksies:

  • Bloedvate voorsien selle van suurstof en voedingstowwe
  • Pigment absorbeer oortollige ligstrale en voorkom so inwendige weerkaatsing
  • Sorg dat ‘n duidelike beeld vorm

Aanpassings:

  • dun
  • donker
  • gepigmenteerd
  • bloedvatryk
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
41
Q

Die funksie en gepaardgaande aanpassings van die siliaarliggaam

A

Funksie:

  • Veroorsaak die kromming van die lens tydens oogakkommodasie

Aanpassings:

  • spieragtige verdikking
  • bestaan uit onwillekeurige siliaarspiere
  • met suspensoriese ligamente aan die lens geheg
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
42
Q

Die funksie en gepaardgaande aanpassings van die lens

A

Funksie:

  • Verander van vorm en breek sodoende ligstrale om ‘n duidelike beeld op die retina te vorm

Aanpassings:

  • elasties
  • deurskynend
  • bikonveks
  • kan van vorm verander
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
43
Q

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die iris

A

Funksies:

  • Beheer die hoeveelheid lig wat die oog binnekom, deur pupilgrootte te verander
  • Gee kleur aan die oog

Aanpassings:

  • ronde, gekleurde struktuur
  • aan die voorkant van die lens
  • besit twee stelle onwillekeurige spiere, die radiale- en kringspiere
  • het in die middel ‘n opening, die pupil, waardeur ligstrale die oog binnekom
  • besit pigmente wat die kleur van die oog gee
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
44
Q

Die funksie en gepaardgaande aanpassing van die pigmentlaag van die retina

A

Funksie:

  • Absorbeer ligstrale en verhoed weerkaatsing

Aanpassing:

  • donker gepigmenteerd
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
45
Q

Die funksie en gepaardgaande aanpassing van die senuweelaag van die retina

A

Funksie:

  • Neem ligstimuli waar en skakel dit om in senuwee-impulse

Aanpassing:

  • Bevat 2 tipes fotoreseptore (stafies en keëltjies)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
46
Q

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die optiese senuwee

A

Funksie:

Gelei senuwee-impulse na die serebrale korteks van die brein waar dit geïnterpreteer word en die gewaarwording van gesig ontstaan

Aanpassing:

Senuweevesels vanaf die fotoreseptore vorm sinapse met sensoriese bipolêre neurone, wat op hul beurt sinapties verbind is aan optiese senuweeselle (neurone), die optiese neurone verloop dan saam om die optiese senuwee te vorm

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
47
Q

Gee die funksies en aanpassings van die GLASVOG van die oog:

A

Funksies:

  • Help om die vorm van die oogbal te behou
  • Verhoed dat die retina losskeur van die choroïed
  • Help met die breking van die ligstrale

Aanpassings:

  • jellieagtig
  • deurskynend
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
48
Q

Onderskei tussen die geelvlek en die blindevlek by die oog

A

GEELVLEK

  • area in lyn met die optiese as van die lens,
  • wat oorwegend keëltjies en baie min stafies besit.
  • In die middel van die geelvlek is die fovea centralis waar slegs keëltjies voorkom.
  • Die helderste, mees akkurate beeld word hier gevorm.

BLINDEVLEK

  • plek waar die optiese senuwee die oogbal verlaat
  • besit geen stafies of keëltjies nie.
  • Indien ligstrale op die blindevlek sou val, word geen senuwee-impulse na die brein gelei nie en geen beeld gevorm nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
49
Q

Onderskei tussen watervog en glasvog by die oog

A

WATERVOG

  • Is ‘n waterige vloeistof wat die voorste kamer, geleë tussen die lens en die kornea, vul.
  • Dit help die kornea om sy vorm te behou,
  • Voorsien voedingstowwe aan die oog
  • Beskerm die oog teen patogene organismes.

GLASVOG

  • ‘n Jellieagtige vloeistof wat die agterste kamer, geleë agter die lens, vul.
  • Dit help om die vorm van die oogbal te behou,
  • Verhoed dat die retina losskeur van die choroïed
  • Help met ligbreking.
50
Q

Definieer:

Pupil

A

‘n Opening in die iris, waardeur ligstrale die oog binnekom

51
Q

Wat word bedoel met ‘pupilmeganisme’?

A

‘n Refleksaksie/pupilrefleks waartydens die onwillekeurige radiale- en kringspiere van die iris outomaties reageer op die hoeveelheid lig wat die oog binnekom en dienooreenkomstig saamtrek of verslap om die grootte van die pupil/opening te beheer, deur dit groter of kleiner te maak.

52
Q

Waarom is ‘n pupilmeganisme enigsins nodig?

A

Om die hoeveelheid inkomende lig te beheer, sodat skadelike UV-strale nie die retina beskadig nie

53
Q

Beskryf die pupilmeganisme in skerp lig

A
  • die onwillekeurige radiale spiere van die iris ontspan
  • die onwillekeurige kringspiere van die iris trek saam
  • die pupil verklein
  • minder lig word na die retina deurgelaat
54
Q

Onder watter toestande, behalwe hoë ligintensiteit, sal die pupille ook vergroot?

A

Wanneer die persoon

  • onder stres verkeer,
  • opgewonde is,
  • sekere dwelmmiddels gebruik
  • of na ver voorwerpe kyk (of enige korrekte voorbeeld)
55
Q

Beskryf hoe die gewaarwording van gesig ontstaan

A
  • Ligstrale wat die oog binnekom word deur die kornea, watervog, lens en glasvog gebreek om ‘n duidelike beeld op die geelvlek van die retina te fokus
  • Die retina bevat die ligsensitiewe fotoreseptore, nl. die stafies en keëltjies
  • Wanneer die fotoreseptore deur die inkomende ligstrale gestimuleer word, stel hulle senuwee-impulse vry
  • Die senuwee-impulse beweeg met die oogsenuwee na die serebrale korteks van die brein, waar die gewaarwording van gesig ontstaan
56
Q

Noem DRIE maniere hoe die beeld wat op die retina gefokus word, verskil van die een wat waargeneem word

A
  1. effens kleiner
  2. onderstebo
  3. omgedraai
57
Q

Waarom sal ‘n persoon wat geen spesifieke oogdefekte gehad het nie, waarskynlik na die ouderdom van veertig‘n bril met konvekse lense nodig hê?

A
  • Die lens verloor na die ouderdom van veertig sy elastisiteit.
  • Dit is dus nie meer vir die lens moontlik om sy kromming effektief te verander nie.
  • Ligstrale van naby voorwerpe kan nie meer genoeg gebreek word om ‘n gefokusde beeld op die retina te verkry nie.
  • Die ligstrale moet dus deur die konvekse lens van ‘n bril gebreek word om ‘n skerp gefokusde beeld op die retina te verkry.
58
Q

Definieer:

Binokulêre visie

A

Die linker- en regteroog vorm elk sy eie beeld van die voorwerp waarna gekyk word.

Die brein kombineer die twee beelde om een drie-dimensionele geheelbeeld te vorm.

59
Q

Noem DRIE voordele van binokulêre visie

A
  1. Vorm ‘n driedimensionele beeld
  2. Verskaf ‘n wyer gesigsveld
  3. Skep ‘n persepsie van diepte
60
Q

Watter tipe lense sal gebruik word om jou visuele gebrek reg te stel indien jy die padaanwysingsborde duidelik kan lees, maar nie die padkaart op jou skoot nie?

A

Konvekse

61
Q

Watter tipe lense sal gebruik word om jou visuele gebrek reg te stel indien jy fyn naaldwerk kan doen, maar nie die motor voor jou se nommerplaat duidelik kan lees nie?

A

Konkawe

62
Q

Verduidelik astigmatisme deur na die oorsaak te verwys

A

Astigmatisme word veroorsaak deur ‘n kornea of lens met ‘n onreëlmatige vorm

63
Q

Verduidelik astigmatisme deur na die gevolg te verwys

A

Die kornea besit ‘n gedeelte met ‘n steiler kurwe, sowel as ‘n gedeelte met ‘n platter kurwe, wat die inkomende ligstrale op twee maniere breek.

Dit veroorsaak dat die ligstrale op twee punte op die retina gefokus word, eerder as een.

64
Q

Verduidelik astigmatisme deur na die simptome te verwys

A
  • Onduidelike, wasige beeld;
  • hoofpyne,
  • moegheid,
  • skeelheid
65
Q

Verduidelik astigmatisme deur na die regstellende moontlikhede te verwys

A
  • Bril,
  • kontaklense
  • of laserchirurgie
66
Q

Omskryf ‘n katarak, as visuele gebrek, deur na die definisie te verwys

A

‘n Katarak is ‘n verdowwing van die oog se normale helder, deursigtige lens

67
Q

Omskryf ‘n katarak, as visuele gebrek, deur na die oorsaak te verwys

A
  • Die lens bestaan hoofsaaklik uit water en proteïene.
  • Die proteïene word op ‘n bepaalde manier gerangskik om die lens helder te hou en lig deur te laat.
  • Met ouderdom kan van die proteïene klonte vorm om ‘n klein area van die lens te verdof.
68
Q

Omskryf ‘n katarak, as visuele gebrek, deur na die gevolge te verwys

A

‘n Katarak word mettertyd al groter.

Die lens raak al dowwer en die gesigskerpte neem af.

69
Q

Omskryf ‘n katarak, as visuele gebrek, deur na die regstellende moontlikhede te verwys

A
  • Aanvanklik sal ‘n bril, sterker beligting, ‘n skynselwerende sonbril of ‘n vergrootglas help om beter te sien.
  • Soos die katarak groter word, raak oogchirurgie ook ‘n opsie.
  • Dit behels die verwydering van die dowwe lens en die vervanging daarvan met ‘n helder, kunsmatige lens.
70
Q

Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord. ‘Indien ‘n persoon kleurblind is, kan hy/sy geen kleur waarneem nie, en alles vertoon grys’.

A

ONWAAR

  • Indien slegs een pigment ontbreek, kan probleme ondervind word om tussen rooi en groen te onderskei. Hierdie toestand staan bekend as rooi-groen kleurblindheid.
  • Waar blou en geel nie onderskei kan word nie, staan dit bekend as blou-geel kleurblindheid.
  • Net in enkele gevalle kan daar slegs tussen wit en swart onderskei word.
71
Q

Definieer die toestand ‘kleurblindheid

A

Dit is ‘n toestand waar daar tussen sekere kleure nie onderskei kan word nie.

Dit kom voor wanneer daar ‘n afwyking is by die pigmente in die keëltjies van die retina.

72
Q

Watter tipe kleurblindheid word beskou as die mees algemene vorm?

A

Rooi-groen kleurblindheid

73
Q

Watter tipe kleurblindheid word beskou as die skaarste vorm?

A

Slegs wit en swart kan onderskei word

74
Q

Hoe ontstaan kleurblindheid normaalweg?

A

Die meeste vorme van kleurblindheid is die gevolg van ‘n genetiese afwyking

75
Q

Waarom is meer mans kleurblind as vrouens?

A

Die gene vir kleurblindheid is gewoonlik geslagsgekoppeld en word op die X-chromosoom gedra.

Vrouens (44+XX) is kleurblind slegs as beide haar X-chromosome die geen dra,

terwyl mans (44+XY) kleurblind is as hul enkele X-chromosoom die geen dra.

76
Q

Hoe kan kleurblindheid behandel word?

A

Daar bestaan geen behandeling of geneesmiddel vir kleurblindheid nie.