Menslike koordinasie en die senuweestelsel Flashcards
Waarom het Amoeba nie stelsels nodig om te koördineer nie, maar ‘n kat wel?
Amoeba is ‘n laer ontwikkelde dier, terwyl ‘n kat meer gevorderd is en organe en stelsels ontwikkel het, wat met mekaar moet skakel.
Koöordinasie is nodig om aktiwiteite en response te beheer.
Noem 2 koördineringstelsels by die mens
- Senuweestelsel
- Endokriene stelsel
Verduidelik die verskil tussen senuwee- en chemiese koördinasie
Senuweekoördinasie:
- vinnige reaksie
- impulse (elektriese seine) word langs senuwees gelei
Chemiese koördinasie:
- stadiger reaksie soos groei en voedselvertering
- hormone (chemiese stowwe) word deur die bloed vervoer
Waaruit bestaan die sentrale senuweestelsel?
Brein & Rugmurg
Waaruit bestaan die perifere senuweestelsel?
- 12 paar kopsenuwees
- 31 paar rugmurgsenuwees
Definieer:
Neurone
Die miljoene senuweeselle waaruit menslike senuweeweefsel opgebou is
Definieer:
Neuroglia
- Bindweefsel wat tussen die neurone in die menslike senuweestelsel voorkom
- Voed en ondersteun die neurone
Onderskei tussen die dendriete en aksone
Dendriete - Afferente uitlopers van neurone wat senuwee-impulse NA die selliggaam gelei
Aksone - Efferente uitlopers van neurone wat senuwee-impulse WEG van die selliggaam gelei
Omskryf die 3 groepe neurone.
1) Monopolêre neurone - besit 1 uitloper wat in twee vertak, nl. een dendriet en een akson.
2) Bipolêre neurone - besit 2 uitlopers, nl. ‘n dendriet en ‘n akson.
3) Multipolêre neurone - besit baie uitlopers, gewoonlik ‘n aantal dendriete en 1 akson.
Die funksie van **sensoriese **neurone
Afferente neurone
Gelei senuwee-impulse vanaf die reseptore na die sentrale senuweestelsel.
Die funksie van motoriese neurone
Efferente neurone
Gelei senuwee-impulse vanaf die sentrale senuweestelsel na die effektore
Die funksie van verbindings- / interneurone
Verbind sensoriese en motoriese neurone in die sentrale senuweestelsel met mekaar
3 verskille tussen sensoriese en motoriese neurone
Sensoriese neuron:
- Monopolêr
- Afferent
- Die akson sowel as die dendriet besit ‘n miëlienskede
Motoriese neuron:
- Multipolêr
- Efferent
- Slegs die akson besit ‘n miëlienskede.
Definieer:
Sinaps
‘n Fisiologiese (funksionele), maar nie direkte, verbinding tussen twee opeenvolgende neurone
Doel van die neuro-oordragstof
- Die neuro-oordragstof word in die sinaptiese spleet vrygestel,
- Heg vas aan die post-sinaptiese membraan
- Genereer elektriese seine wat as senuwee-impulse na die selliggaam van die volgende neuron gelei word.
Hoe word daar verseker dat die senuwee-impuls altyd slegs in een rigting kan beweeg?
Die neuro-oordragstof word slegs aan die een kant van die sinaps vrygestel
Die funksie van die outonome senuweestelsel
Beheer alle onwillekeurige aksies in die liggaam
Noem 2 onderafdelings van die outonome senuweestelsel
- Simpatiese afdeling
- Parasimatiese afdeling
Die funksies van die Simpatiese & Parasimpatiese afdelings van die outonome senuweestelsel
- Simpatiese afdeling: berei die liggaam voor vir ‘n noodtoestand
- Parasimpatiese afdeling: laat die liggaam terugkeer na normaal nadat dit deur die simpatiese afdeling gestimuleer is
Definieer:
Dubbele innervasie
Wanneer ‘n eindorgaan deur senuweevesels van die simpatiese sowel as die parasimpatiese afdeling bedien word
Verduidelik die reaksies van die simpatiese afdeling t.o.v. 1) hartkloptempo, 2) velbloedvate, 3) peristalse, 4) pupilgrootte
- versnel hartkloptempo
- vernou velbloedvate
- verminder peristalse
- pupilgrootte neem toe / verwyd pupille
Verduidelik die reaksies van die parasimpatiese afdeling t.o.v. 1) hartkloptempo, 2) velbloedvate, 3) peristalse, 4) pupilgrootte
- laat hartkloptempo afneem.
- verwyd velbloedvate
- vermeerder peristalse
- pupilgrootte neem af / vernou pupille
Definieer:
Alzheimer se siekte
Alzheimer se siekte is ‘n onomkeerbare, stadig erger-wordende breinsiekte
het ‘n verlies aan geheue en verstandelike vermoëns tot gevolg
Die oorsake van Alzheimer se siekte
- Genetiese faktore (‘n familiegeskiedenis van AS)
- Omgewingsfaktore (verstandelike stimulering)
- Leefstylfaktore (dieet, fisiese aktiwiteit en spanning)