Die endokriene stelsel en homeostase Flashcards
Watter gedeelte van die brein beheer liggaamstemperatuur?
Hipotalamus
Definieer:
Homeostase
Die handhawing van ‘n konstante ewewig in die interne omgewing van die liggaam
Definieer:
Chemiese koördinasie
Die tipe beheer en koördinasie wat deur hormone in die bloed teweeg gebring word
Definieer:
Endokriene kliere
Buislose kliere wat hul afskeidings (hormone) direk in die bloedstroom stort
Definieer:
Eksokriene kliere
Kliere wat hul afskeidings in buise stort, wat dit na ‘n ruimte in die liggaam of na buite vervoer.
Definieer:
Hormone
Organiese, chemiese boodskappers wat deur kliere afgeskei en in die bloedstroom gestort word.
Noem die kenmerke van hormone
- Hormone is organiese chemiese boodskappers
- Die meeste hormone is proteïene, terwyl sommige steroïede is
- Hormone word in klein hoeveelhede, deur endokriene kliere direk in die bloedstroom afgeskei
- Hormone word in die bloedstroom na teikenorgane vervoer
- Hormone het ‘n regulerende funksie wat stimulerend of inhiberend kan wees
- Hormone funksioneer nie in isolasie nie, maar vorm saam met ander hormone, asook die senuweestelsel, ‘n geïntegreerde stelsel
Wat word bedoel met die begrip ‘steroïede’
Dit is lipiedagtige organiese verbindings
Wat word bedoel met die begrip ‘teikenorgaan’
‘n Orgaan wat spesifieke reseptore vir ‘n bepaalde hormoon besit en die vermoë het om daarop te reageer.`
Watter selle in die pankreas het ‘n eksokriene funksie?
pankreasselle
Watter selle in die pankreas het ‘n endokriene funksie?
Eilandjies van Langerhans (alfa- en beta-selle)
Noem die hormone van die pankreas EN die spesifieke selle wat hierdie hormone afskei.
GLUKAGON - verhoog die bloedglukosevlak wanneer dit onder normaal daal
INSULIEN - verlaag die bloedglukosevlak wanneer dit bo normaal styg
Wat word die ongeneesbare metaboliese siekte genoem wat gekenmerk word deur hoë bloedglukosevlakke?
Diabetes mellitus
Wat word bedoel met ‘hiperglisemie’?
Verhoogde bloedglukosevlak
Wat is die oorsaak van hiperglisemie?
Wanneer insulien afwesig is, of nie voldoende funksioneer nie, bly die grootste hoeveelheid glukose in die bloed agter. Dit veroorsaak ‘n verhoogde bloedglukosevlak.
Wat is die uitwerking van hiperglisemie op die liggaamselle?
Die liggaamselle ontvang te min glukose om deur selrespirasie genoeg energie vir die funksionering van die liggaam, te produseer.
Noem die simptome wat ontstaan a.g.v. hiperglisemie
- gereelde urinering (veral snags)
- toenemende dors
- toenemende honger
- onverklaarbare gewigsverlies
- herhaalde infeksies
- wonde wat stadig genees
- belemmerde visie
- moegheid en lighoofdigheid
Waarom is dehidrasie en die moontlikheid dat ‘n persoon in ‘n koma kan verval, ‘n gevolg van hiperglisemie?
Konstante hoë bloedglukosevlakke veroorsaak dat water a.g.v. osmose uit liggaamselle uitbeweeg, wat dehidrasie en die moontlikheid van ‘n koma tot gevolg het.
Noem drie langtermyn komplikasies wat a.g.v. diabetes kan ontstaan
- blindheid
- nierversaking
- kardiovaskulêre siektes
Onderskei tussen tipe 1 en tipe 2 diabetes
TIPE 1 DIABETES
- Word gekenmerk deur die verlies aan insulienproduserende beta-selle in die pankreas.
- Dit kan gebeur wanneer die liggaam se immuunstelsel sy eie beta-selle aanval en vernietig.
- Min of geen insulien word dan geproduseer nie.
TIPE 2 DIABETES
- Word gekenmerk deur insulienweerstandigheid, waar die pankreas wel insulien produseer, maar die liggaamselle kan dit nie effektief gebruik nie.
- Word as ‘n leefstylsiekte beskou, met oorsake oorgewig, onaktiwiteit of ouderdom.
Noem die metodes wat aangewend word in die behandeling en bestuur van tipe 1 diabetes
- Daaglikse insulieninspuitings
- ‘n Spesiaal aangepaste dieet
- Gereelde toetsing van bloedsuikervlakke
Noem die metodes wat aangewend word in die behandeling en bestuur van tipe 2 diabetes
- Handhawing van normale liggaamsmassa deur ‘n gebalanseerde dieet te volg
- Gereelde oefening
- Mondelinge medikasie of insulien
Beskryf die ligging van die testes
Die twee testes word uitwendig tussen die bene gedra en word deur ‘n velsak, die skrotum omsluit
Wat is die naam van die manlike hormoon wat deur die testes afgeskei word?
Testosteroon