Die Manlike Voortplantingstelsel Flashcards
Beskryf die uitwendige bou en ligging van die testis in die manlike voortplantingstelsels.
Die testis is ovaalvormig, +- 5 cm lank en word deur die skrotum omsluit. Dit word tussen die bene buite die liggaam, gedra
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Vas Deferens
Gee die funksie van die vas deferens
Dit vervoer spermselle, deur peristaltiese bewegings, vanaf die epididimis na die uretra.
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Ejakulasiebuis
Gee die funksie van die ejakulasiebuis
Die gladde spiervesels in die buisiewand trek saam, wat die inhoud van die buisie langs die uretra na buite ‘spuit’.
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Epididimis
Gee die funksie van die epididimis
Dit berg berg spersmelle nadat dit in die testes vervaardig is en ondergaan rypwording totdat dit gereed is om ‘n ovum te bevrug.
Die slymvlies wat die epididimis uitvoer, skei ‘n stof af wat, saam met die peristaltiese bewegings van die buis se wande, help met die voortbeweging van die spermselle.
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Semenvesikel
Gee die funksie van die semenvesikels
Die afskeiding van die slymvlies dien as hoofbron van voedsel vir die spermselle.
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Prostaatklier
Gee die funksie van die prostaatklier
Skei prostaatvloeistof af wat maksimale beweging van spermselle verseker en die spermselle teen die lae pH in die uretra en vroulike vagina beskerm.
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Cowper se klier
Gee die funksie van Cowper se kliere
Die afskeidings van hierdie kliere dra ook by tot groter beweeglikheid van die spermselle.
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Ureter
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Uretra
Wat is die funksionele verskil tussen die ureter en die uretra?
Ureter - vervoer urine vanaf die niere na die blaas
Uretra - gemeenskaplike opening vir urine en semen na buite
Wat lei jy af uit die term ‘urogenitale’ buis, wat na die uretra verwys?
Dit vervoer urine sowel as semen
Hoe word urine gekeer tydens ejakulasie?
Daar is sfinkters/sluitspiere wat verhoed dat urine en semen gelyktydig uitgeskei kan word.
Noem die gedeelte van die manlike voortplantingstelsel

Testis
Wat word die strukture genoem wat tydens meïose in die testis geproduseer?
spermselle
Die ‘manlike geslagshormoon’
testosteroon
Deur watter struktuur in die manlike voortplantingstelsel word testosteroon geproduseer?
Die testes
Noem enige 5 sekondêre geslagskenmerke by mans.
- Spiermassa vergroot
- Dieper stem ontwikkel
- Penis en testes vergroot en spermselle word geproduseer
- Seksuele drang ontwikkel
- Verhoogde sweetproduksie
- Toename in hare: - snor; baard - borshare - oksel- en pubishare - beenhare raak langer
- Vel raak meer olierig
- Gedragsveranderinge bv. buierigheid
Wat word bedoel met puberteit?
Tydperk (vanaf +- 10 - 12-jarige ouderdom) wanneer ‘n seun/meisie se geslagsorgane ontwikkel dat dit begin gamete en hormone produseer wat die ontstaan van sekondêre geslagskenmerke tot gevolg het.







