Plantreaksies op die omgewing Flashcards

1
Q

Definieer:

Stimulus

A

Enige waarneembare verandering in die interne of eksterne omgewing.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem VYF stimuli wat waarneembaar is uit plante en/of diere se INTERNE OMGEWING:

A

Verandering in:

  • bloedglukosevlak
  • waterbalans
  • ioon-/soutbalans
  • suurstof - en koolstofdioksiedkonsentrasie
  • ekskresie van metaboliese afvalstowwe
  • liggaamstemperatuur
  • bloeddruk
  • pH/suurheidsgraad
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Noem SES tipes stimuli wat waarneembaar is uit plante en/of diere se EKSTERNE OMGEWING:

A
  1. verandering in ligintensiteit
  2. verandering in temperatuur
  3. verandering in druk
  4. aanraking
  5. chemikalieë
  6. swaartekrag
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat is gewoonlik ‘n plant se respons op stimuli?

A

Groeiverandering in die plantdeel/plant

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Watter organiese verbindings, in plante, beheer die meeste van hul response?

A

Planthormone

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Definieer:

Planthormone

A

Organiese verbindings wat in lae konsentrases voorkom en as chemiese boodskappers optree.

Gewoonlik in een deel van die plant gesintetiseer en na ‘n ander deel vervoer, waar dit fisiologiese response in spesifieke teikenweefsels tot gevolg het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Noem VYF hoofgroepe planthormone

A
  1. Ouksiene
  2. Gibberelliene
  3. Absissiensuur
  4. Sitokiniene
  5. Etileen
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Watter planthormone kom hoofsaaklik in die apikale meristeme van stingels voor?

A

Ouksiene

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Verduidelik ‘apikale meristeme’

A

Die stingelgroeipunte waar daar voortdurend nuwe selle, deur seldeling, gevorm word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Noem die mees algemene natuurlike ouksien wat in plante voorkom

A

Indoolasynsuur (IAA)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Noem SEWE funksies van ouksiene

A
  1. Stimuleer seldeling
  2. Stimuleer selverlenging
  3. Stimuleer vrugontwikkeling
  4. Beheer die afsnyding van blare en vrugte
  5. Inhibeer die groei van **sytakke: **apikale oorheersing
  6. Stimuleer die ontwikkeling van bywortels in stingelsteggies
  7. Veroorsaak tropismes (tropiese bewegings) in stingels en wortels
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Verduidelik ‘apikale oorheersing’

A

As gevolg van die hoë ouksienkonsentrasie in die stingelgroeipunt, word die ontwikkeling van die syknoppe wat naby die groeipunt geleë is, geïnhibeer.

Verder weg van die groeipunt sal syknoppe egter wel tot sytakke ontwikkel, aangesien die ouksienkonsentrasie daar heelwat laer is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Noem die voordele van apikale oorheersing vir plante

A

Groei so hoog en regop as moontlik vir maksimale absorpsie van sonlig vir fotosintese.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Verduidelik die invloed van snoei op syknopontwikkeling.

A

Die ouksienkonsentrasie sal afneem en die syknoppe nader aan die bopunt sal ontwikkel

  • die inhiberende effek van ouksien is nie meer sigbaar nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Watter waarde hou die snoei van plante in?

A

Meer sytakke ontwikkel en die plant groei dus meer bosvormig en vrugvorming kan beheer word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Definieer:

Tropisme

A

Dit is ‘n groeibeweging van ‘n plantdeel, in reaksie op ‘n eensydige, uitwendige stimulus.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Hoe verskil tropiese bewegings hoofsaaklik van nastiese bewegings?

A

By tropiese bewegings hou die rigting van groei direk verband met die rigting waaruit die stimulus kom, terwyl nastiese bewegings nie direk verband hou met die rigting van die stimulus nie.

18
Q

Verduidelik die meganisme wat tropiese bewegings tot gevolg het.

A

Ouksiene stimuleer seldeling en selverlenging en dus groei. Wanneer die ouksienkonsentrasie as gevolg van ‘n eensydige uitwendige stimulus oneweredig verspreid raak, veroorsaak dit vinniger groei in sekere gedeeltes van die plant, wat dan kromming in ‘n spesifieke rigting tot gevolg het.

19
Q

Definieer:

Die tropiese beweging ‘fototropisme

A

Die groeibeweging van ‘n plantdeel/-dele in reaksie op ‘n eensydige ligstimulus.

20
Q

Definieer:

Die tropiese beweging ‘geotropisme

A

Die groeibeweging van ‘n plantdeel/-dele in reaksie op ‘n eensydige swaartekragstimulus.

21
Q

Verklaar waarom stingels positief fototropies is:

A
  • As ‘n stingelgroeipunt eensydig belig word, beweeg die ouksien weg van die beligte kant
  • ‘n Hoër ouksienkonsentrasie ontstaan aan die skadukant
  • Seldeling en selverlenging word gestimuleer
  • Selle aan die skadukant groei dus vinniger
  • Die stingel krom in die rigting van die lig

Die stingel is dus positief fototropies

22
Q

Verklaar hoe stingels negatief geotropies is:

A
  • As ‘n jong saailing horisontaal geplaas word, versamel Ouksiene a.g.v. swaartekrag, aan die onderkant van die stingel
  • Hoër ouksienkonsentrasie aan die onderkant van die stingel stimuleer seldeling en -verlenging
  • Die stingel krom opwaarts en is negatief geotropies
23
Q

Verklaar hoe wortels positief geotropies is:

A
  • As ‘n jong saailing horisontaal geplaas word, versamel die ouksiene a.g.v. swaartekrag, aan die onderkant van die wortel
  • Hierdie hoë ouksienkonsentrasie INHIBEER seldeling en selverlenging in hierdie streek
  • Selle aan die bokant het ‘n nader aan optimum konsentrasie, en groei vinniger
  • Die wortel krom afwaarts en is positief geotropies
24
Q

Gee 5 funksies van gibberelliene

A
  1. Stimuleer die verlenging van stingels
  2. Stimuleer wortelgroei
  3. Stimuleer die ontkieming van sade
  4. Bevorder blomontwikkeling
  5. Bevorder die uitloop van syknoppe
25
Q

Gee die funksies van absissiensuur

A
  • Veroorsaak dat eind- en syknoppe in die winter in ‘n rustoestand (dormansie) oorgaan
  • Inhibeer ontkieming en dra by tot dormansie van sade
  • Bevorder die afsnyding van blare en vrugte
  • Veroorsaak die sluiting van huidmondjies as die plant verwelk
26
Q

Watter rol speel planthormone by kunsmatige wortelvorming

A
  • Ouksien stimuleer bywortelontwikkeling.
  • Steggies ontwikkel groter wortelstelsels deur dit in ouksienbevattende hormoonpoeier te druk.
  • Op hierdie manier word plante vinnig en goedkoop gekloon.
27
Q

Hoe kan planthormone gebruik word om** pitlose vrugte** te** **ontwikkel:

A
  • Groeihormone word op onbestuifde blomme gespuit,
  • die vrugbeginsels word gestimuleer om tot vrugte te ontwikkel.
  • Geen bevrugting het plaasgevind nie en pitlose vrugte ontwikkel.
28
Q

Verduidelik watter rol planthormone in die kunsmatige rypwording van vrugte speel

A

Etileen word op vrugte gespuit om rypwording te stimuleer,

sodat al die vrugte op dieselfde tyd ryp is en gelyktydig geoes kan word.

29
Q

Hoe kan planthormone, kunsmatig, voortydige vrugafsnyding voorkom?

A

Hoë ouksienkonsentrasies voorkom dat die afsnydingslaag in vrugstingels vorm.

Bespuiting met ouksiene vertraag dus die afsnyding.

Oesdatums kan gevolglik gemanipuleer word, sodat alle vrugte gelyktydig geoes kan word.

30
Q

Hoe word planthormone gebruik om kunsmatig groter vrugte te ontwikkel?

A

Druiwe word dikwels met gibberelliene bespuit om vruggrootte te laat toeneem.

31
Q

Hoe kan planthormone kunsmatig ontkieming stimuleer?

A

Gibberelliene word op dormante sade gespuit:

  • Verbreek saaddormansie
  • het eenvormige ontkieming van groepe sade tot gevolg
32
Q

Hoe word planthormone kunsmatig gebruik in onkruidbeheer?

A
  • Sommige sintetiese onkruiddoders bevat hoë konsentrasies ouksiene wat breëblaar, dikotiele onkruide se metabolisme versnel en dus groei stimuleer.
  • Die onkruide groei so vinnig dat hul voedselproduksie en wateropname nie genoegsaam is nie.
  • Die plante verswak en gaan dood.

Boere kan dus dikotiele onkruid wat tussen smalblaar, monokotiele gewasse (soos koring, mielies en hawer) voorkom, suksesvol uitroei, aangesien die smalblaar gewasse nie deur die onkruiddoders benadeel word nie.

33
Q

Waarom benodig plante verdedigingsmeganismes?

A

Plante het ook vyande:

  • insekte
  • patogene
  • mikroörganismes
  • **herbivore **
  • asook teen oormatige waterverlies
34
Q

Noem 2 tipes verdedigingsmeganismes by plante:

A
  • Meganiese-

&

  • **Chemiese **verdedigingsmeganismes
35
Q

Beskryf 2 meganiese verdedigingsmeganismes by plante:

A
  • Bedekking met ‘n bas, of ‘n wasagtige kutikula.
  • Dorings en stekels
36
Q

Noem 3 maniere hoe sekondêre metaboliete as chemiese verdedigingsmeganismes aangewend word:

A
  • afweermiddel
  • giftig
  • beïnvloed verteerbaarheid van plantmateriaal
37
Q

Watter sekondêre metaboliete het ‘n bitter smaak en inhibeer proteïenvertering en -absorpsie?

A

Tanniene

38
Q

Watter sekondêre metaboliete beïnvloed die dier se metabolisme en senuwee-oordrag (fataal)?

A

Alkaloïede

39
Q

Watter sekondêre metaboliete is onverteerbaar vir diere en skuur insekte se kake mettertyd af?

A

Lignien / silika

40
Q

Watter sekondêre metaboliete vernietig herbivore se rooibloedliggaampies?

A

Terpenoïede