Eksamenvrae: Vraestel 1 Flashcards
Noem enige 3 nadele van genetiese modifikasie:
- Duur
- Meng in met die natuur
- Immoreel
- Dominering van wêreldvoedselprodukte deur slegs ‘n paar maatskappye
- Verlies aan biodiversiteit
- Potensiële gesondheidsimpakte
- Skending van natuurlike organisme se intrinsieke waarde (reg om onafhanklik te bestaan)
- Onseker van langtermyneffekte
- Gene uit transgenetiese organismes kan ontsnap en aan wilde organismes oorgedra word
Noem 3 voordele van genetiese modifikasie
- Produksie van medikasie
- Produseer hulpbronne goedkoop
- Beheer peste met spesifieke gene wat by die oes gevoeg word
- Kies die beste gene om oeste te produseer wat beter weerstand bied
- Gebruik spesifieke gene om oesopbrengs te vergroot / voedselsekuriteit
- Kies gene om raklewe van plantprodukte te verhoog
- Kies gene om rypwording te manipuleer deur dit te vertraag of te vervroeg
- Gebruik spesifieke gene om die voedingswaarde van die voedsel te verbeter vir beter gesondheid
- Produseer organismes wat besoedeling kan opruim
- Bedreigde spesies kan bewaar word
- Verhoog genetiese variasie
Benoem die twee meganismes waardeur meiose tot genetiese variasie bydra:
Oorkruising en die willekeurige rangskikking van chromosome by die ewenaar
Beskryf die meganisme waardeur oorkruising tot genetiese variasie bydra
- Homoloë chromosome / bivalentes kom voor aan weerskante van die ewenaar
- Elke chromosoom het 2 chromatiedes
- Chromatiede oorvleuel/oorkruis
- Punte waar oorkruising plaasvind word chiasmata genoem
- Genetiese materiaal word uitgeruil tussen nie-suster-chromatiedes
- Na die oorkruisingsproses het chromosome gene van sy homoloë maat
- Dit beteken dat elke gameet gevorm, ‘n mengsel van gene van moederskant en vaderskant sal hê
- Dit gee variasie in die gamete wat gevorm word en ook die nageslag
Beskryf die proses van Willekeurige rangskikking van chromosome op die ewenaar
Elke paar homoloë chromosome kan aan weerskante van die ewenaar van die spoel rangskik
Onafhanklik van wat die ander paar doen / onafhanklike rangskikking
Dit beteken dat gamete ‘n verskillende aantal / ‘n mengsel van materiaal van moeder- en vader-chromosome sal hê
Verduidelik hoe abnormale meiose tot Down se sindroom lei
- In Meiose I verdeel die chromosoom paar 21 nie, of
- In Meiose II verdeel die chromatiede van chromosoom 21 nie (sentromeer verdeel nie)
- Word na verwys as nie-disjunksie
- Een gameet sal ‘n ekstra chromosoom op nr. 21 hê / twee 21 chromosome hê.
- As hierdie gameet met ‘n normale gameet versmelt met 23 chromosome, sal die sigoot wat vorm ‘n chromosoom-‘paar’ 21 met 3 chromosome hê in plaas van 2.
Verduidelik hoe abnormale meiose tot poliploïdie lei
Gedurende meiose I is daar ‘n gebrek aan verdeling van ALLE homoloë chromosome
Een gameet sal die diploïede stel chromosome erf
Wanneer ‘n diploïede gameet deur ‘n normale haploïede gameet bevrug word, sal die sigoot 3 stelle chromosome hê / triploïed wees
Op ‘n soortgelyke wyse sal tetraploïede en ander poliploïede nageslag gevorm kan word
Beskryf die voordele van poliploïdie in landbou
- Vorm saadlose variasies van vrugte soos waatlemoene
- Poliploïdieselle is groter, daarom is produkte groter soos blomme / vrugte / stoororgane
- Onvrugbare plante raak vrugbaar bv. koring
- Maak die plant meer gesond en weerstandig teen siektes
Beskryf hoe simpatriese spesievorming plaasvind
- Daar is variasie in ‘n bevolking
- Bevolkings is in dieselfde gebied maar verdeel in verskillende groepe - sonder ‘n geografiese hindernis
- Hulle verdeel in verskillende groepe as gevolg van verskillende gedragspatrone / voedingswyses / poliploïdie
- Elke groep ondergaan natuurlike seleksie op onafhanklike wyses en ontwikkel verskillende Genotipies en Fenotipies
- Daar is geen vloei / voortplanting tussen die verskillende bevolkings nie
- Die verskille wat ontwikkel tussen die verskillende bevolkings voorkom kruisteel selfs al sou hulle meng, sodat elke groep ‘n nuwe spesie word
Definieer:
Genoom
Al die gene van ‘n spesifieke spesie
Definieer:
Genetiese modifikasie
Die oordra van ‘n geselekteerde geen van een organisme na ‘n ander
Noem drie ALGEMENE strukturele kenmerke van alle primate
- Opponerende duime
- Naakte vingerpunte met naels
- Lang arms
- Vrylik roterende arms
- Oë in voorkop
- Stereoskopiese visie
- Oë met keeltjies - kleurvisie
- Vergrote brein ivm liggaamsmassa
- Twee soogdier-melkkliere
- Seksuele dimorfisme
- Reuksentrum van die brein is verklein
Noem twee strukturele kenmerke wat die mens verskillend van die sjimpansee maak itv die skedel
- Die posisie van die foramen magnum beweeg vorentoe
- Kake is effens gerond
- Plat gesig
- Goed ontwikkelde ken
- Nie-prognaaties nie
- Geen vooruitstekende onderkaak
- Voorkop met klein helling
- Geen prominente wenkbrou riwwe nie
- Klein tande
- Spasies tussen tande is groter
- Vergrote brein
Noem 3 voordele van genetiese berading
- Om advies te gee oor die risiko van die oordrag van die geaffekteerde geen
- Om in staat te wees om ingeligte besluite te maak oor of hulle kinders wil hê
- Om ‘n verduideliking van die resultate van DNA-toetsing te verskaf
- Om ‘n verduideliking van die prosedure betrokke in DNA-toetsing te verskaf
Noem 3 verskille tussen Australopithecus sediba en Homo sapiens
Australopithecus sediba het ‘n
- kleiner skelet,
- kleiner breinkas
- en minder goed ontwikkelde ken
Beskryf hoe puntmutasies tot genetiese variasie bydra
Geen Mutasies is Foute / veranderinge wat mag voorkom gedurende transkripsie / DNA replisering
Met Puntmutasies word die basis van een kodon vervang met ‘n ander
Klein veranderinge mag moontlik tot gevolg het dat een aminosuur verander in ‘n proteïen
Beskryf hoe raampieverskuiwingsmutasies tot genetiese variasie bydra
Dit is die toevoeging/weglating van een of meer basisse van ‘n kodon
Tot gevolg dat die volgorde van al die basisse van die kodons verander
Gevolg is dat ‘n verskillende proteïen met verskillende funksies vorm
Dit lei tot verskillende fenotipes
Beskryf TWEE genetiese bewyse wat die ‘Uit Afrika’-hipotese ondersteun
Mutasies in mitochondriale DNA kan terug gevolg word na ‘n vroulike voorouer in Afrika Mutasie
en die Y chromosoom kan terug gevolg word na ‘n manlike voorouer in Afrika
Noem TWEE voordele van tweevoetigheid
- Hulle het breër uitsig om gevaar waar te neem
- Hulle kan hul kleintjies / voedsel / gereedskap dra
- Groter oppervlakarea vir termoregulering
Beskryf hoe homoloë strukture bewyse van evolusie gee
Soortgelyke strukture toon dat dit ontwikkel het van dieselfde voorouer
Belangrike aspekte om te noem by allopatriese spesiasie
- Die bevolking HET oorspronklik variasie gehad
- Die bevolking word geskei deur ‘n geografiese skeiding
- Elke groep het natuurlike seleksie ondergaan en verskillend ontwikkel
- GENOTIPIES en FENOTIPIES
- Geenvloei / voortplanting tussen die verskillende bevolkings vind nie plaas nie
- ‘n Nuwe spesie word gevorm
Word Charles Darwin of Jean Baptiste de Lamarck se verduideliking vir evolusie eerder vandag aanvaar?
Charles Darwin - daar is bewyse dat gene oorgeërf word van die ouers, en nie die verworwe kenmerke nie.
Beskryf natuurlike seleksie
- Organismes van ‘n bepaalde spesie toon ‘n groot mate van variasie sommige individue besit gunstige kenmerke
- Ander kan ongunstige kenmerke besit
- Selektiewe druk deur die omgewing as gevolg van kompetisie
- Organismes met die gunstige kenmerke oorleef en plant voort en dra die gunstige kenmerke oor aan hul nakomelinge terwyl organismes met die ongunstige kenmerke sal uitsterf
- Oor ‘n tydperk sal die hele bevolking hierdie gunstige kenmerke besit
- Oor ‘n tydperk kan hierdie organismes genotipies en fenotipies onafhanklik ontwikkel in verskillende spesies wat nie kan inteel nie
Beskryf kunsmatige seleksie
Organismes van ‘n bepaalde spesie toon ‘n groot mate van variasie
Mense selekteer organismes met ‘n spesifieke gewenste kenmerk en teel hulle met organismes wat ook dieselfde gewensde kenmerk besit om hierdie kenmerk nog verder in die nageslag te verbeter
Hulle kan ook organismes met verskillende gewensde kenmerke selekteer om nakomelinge met ‘n kombinasie van hierdie gewensde kenmerke te kry