Tempo en omvang van reaksies Flashcards
Reaksietempo
Die verandering in konsentrasie van reaktante of produkte per eenheidstyd
Watter faktore lei tot ‘n effektiewe botsing
Orientasie van deeltjies
Energie van die molekule
Faktore wat reaksietempo beinvloed
Aard van reaktante Temperatuur Druk Konsentrasie Reaksie-oppervlakte Katalisator
Uitwerking vam temperatuur of reaksietempo
Indien temperatuur verhoog: Neem gemiddelde kinetiese energie toe Meer molekules het voldoende kietiese energie Meer effektiewe botsings per eenheidstyd Toename in reaksietempp
Uitwerking van konsentrasie op reaksietempo
As konsentrasie verhoog: Meer molekules per eenheidsvolume Meer molekules met voldoende kinetiese energie Meer effektiewe botsings per eenheidstyd Toename in reaksietempo
Uitwerking van druk op reaksietempo
As druk verhoog: Hoe kleiner volume hoe hoer konsentrasie Meer molekules per eenheidsvolume Meer molekules met voldoende kinetiese energie Meer effektiewe botsings per eenheidstyd Toename in reaksietempo
Uitwerking van reaksie-oppervlakte op reaksietempo
Hoe fyner die stof verdeel is hoe groter is die totale reaksie-oppervlakte wat blootgestel is aan botsings
Meer molekules in kontak met mekaar
Meer effektiewe botsings per eenheidstyd
Toename in reaksietempo
Uitwerking van katalisator op reaksietempo
Katalisator verlaag aktiveringsenergie
Meer molekules met voldoende kinetiese energie
Meer effektiewe botsings per eenheidstyd
Toename in reaksietempo
Maniere om reaksietempo te meet
Meet die tyd vir ‘n toename in volume van die gasproduk wat vorm
Meet die tyd vir ‘n afname van die massa van die reaksiemengsel
Meet die tyd vir ‘n neerslag om te vorm
meet die tyd van verandering in kleurintensiteit in die reaksiemengsel
Meet die tyd waarin die pH van ‘n reaksiemengsel verander
Meet die tyd wat dit neem vir die reaksiemengsel om elektriese stroom te gelei
Positiewe katalisator
‘n Stof wat die tempo van ‘n chemiese reaksie verhoog sonder om self ‘n pemanente verandering te ondergaan.