Fisiese eienskappe van organiese bindings Flashcards
Smeltpunt
Temperatuur waarby die vaste- en vloeistof fases van ‘n stof in ewewig us.
Kookpunt
Temperatuur waarby die dampdruk van ‘n stof gelyk is aan die atmosferiese druk
Dampdruk
Druk uitgeoefen deur ‘n damp in ewewig met sy vloeistof of fastestof n ‘n geslote sisteem
Intramolekulere kragte
Kragte tussen atome
Watter organiese groepe het dipool-dipoolkragte
Haloalkane
Aldehiede
Ketone
Esters
Homoloe reekse met waterstofbindings
Alkohole en karboksielsure
Verwantskap tussen Smeltpunt,kookpunt,dampdruk en kettinglengte
Langer kettings, hoer smeltpunt en kookpunt, laer dampdruk
Verwantskap tussen fisiese eienskappe en vertakkings
Meer vertakkings: Laer kookpunt,smeltpunt en hoer dampdruk
Addisie-reaksies
Hidrogenering(Hidrogenasie)
Halogenering
Hidrohalogenering
Hidrasie
Hidrogenering
Alkeen/Alkyn + waterstof = Alkaan
Die alkeen moet ontbind word in ‘n nie-polere oplosmiddel en moet ‘n katalisator teenwoordig wees
Halogenering
Alkeen/Alkyn + Halogeen = Haloalkaan
Geen water moet betrokke wees nie
Hidrohalogenering
Alkeen/Alkyn + Waterstofhalied = Haloalkaan
Geen water moet betrokke wees nie
Hidrasie
Alkeen/Alkyn + water = Alkohol
Sterk, maar verdunde suur katalisator H2SO4/H3PO4
Hitte in die vorm van stoom reaktant
Markovnikov se reel
H-atoom sal bind aan die koolstofatoom wat reeds die grootste getal H-atome het
Zaitzev se reel
H-atoom word verwyder vanuit die koolstofatoom met die minste H-atome
Eliminasie reaksies
Dehidrogenering
Dehalogenering
Dehidrohalogenering
Dehidrasie
Dehidrogenering
Alkaan = Alkeen + waterstof
Alkaan moet in die teenwoordigheid van ‘n katalisator wees(Pt,Ni of Pd)
Dehalogenering
Haloalkaan = Alkeen + Halogeen
Vind plaas in ‘n onreaktiewe oplosmiddel
Dehidrohalogenering
Haloalkaan + sterk basis = alkeen + sout + water
Vind plaas in die teenwoordigheid van gekonsentreerde NaOH/KOH in etanol as oplosmiddel
Verhit sterk onder refluks
Dehidrasie
Alkohol = alkeen + water
Verwarming van alkohol met gekonsentreerde suur katalisator H2SO4/H3PO4. Die suur moet in oormaat wees
Substitusiereaksies
Alkane: Halogenering
Hidrolise
Alkohole: Hidrohalogenering
Alkane: Halogenering
Alkaan + halogeen = Haloalkaan + waterstofhalied
Reaksie vind plaas in die teenwoordigheid van sonlig/UV-lig
Hidrolise
Haloalkaan + H2O/NaOH/KOH = alkohol + HX/NaX/KX
Haloalkaan opgelos in ‘n etanol oplossing
Verdunde sterk basis NaOH/KOH
Matige hitte
Alkohole: Hidrohalogenering
Alkohol + waterstofhalied = Haloalkaan + water
Tersiere alkohole: HX teenwoordig by kamertemperatuur
Primere/sekondere alkohole: Hoe temperature en moet behandel word met NaBr en gekonsentreerde H2SO4
Oksidasiereaksies
Volledige verbranding: Koolwaterstof/alkohol + Suurstof = CO2 + water + energie
Onvolledige verbranding: Koolwaterstof + suurstof = CO + water + energie
Kraking
Opbreek van lang koolwaterstof kettings in kleiner, meer bruikbare koolwaterstowwe
alkaan = alkaan + alkeen
Termiese kraking
Gebruik hoe druk en hoe temperature om lang koolwaterstowwe met geen latalisator te kraak
Katalitiese kraking
Gebruik ‘n katalisator om lang koolwtofkettigs teen ‘n lae druk en lae temperature te kraak.
Esterifikasie
Alkohol + Karboksielsuur = ester + water