Organiese chemie Flashcards
Unieke bindingseienskappe van koolstof
Koolstof het 4 valenselektrone en kan 4 kovalente bindings vorm
Koolsof vorm altyd 4 kovalente bindings en waterstof een
Koolstof kan kovalent aan ander C-atome bind om enkel,dubbel of trippelbindings te vorm
C-atome kan kovalent aanmekaar verbind om kettings, vertakkings n ringstrukture te vorm
C-atome kan kovalent aan ander atome verbind
Funksionele groep
‘n Binding/atoom of groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van ‘n groep organiese verbindings bepaal
Homoloe reeks
‘n Reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word
Algemene formule van Alkane
CnH2n+2
Algemene formule van alkene
CnH2n
Algemene formule van alkyne
CnH2n-2
Versadigde koolwaterstowwe
Organiese verbindings wat slegs uit koolstof en waterstof bestaan en waarin daar geen meervoudige bindings tussen die C-atome is nie
Struktuurisomere
Organiese molekules met dieselfde molekulere formule maar verskillende struktuur formules
Tipes isomere
kettingisomere
posisionele isomere
funksionele isomere
Diene
Alkene wat 2 dubbelbindings bevat
Gekonjugeerde dieen
Enkel- en dubbelbindings volg mekaar
Geisoleerde dieen
Twee dubbelbings us deur 3 of meer C-atome geskei
Gekumuleerde dieen
1 C-atoom by twee dubbelbindings betrokke
Organiese molekule
‘n Molekule wat koolstofatome bevat