Sure en basisse Flashcards
Suur volgens Arrhenius model
‘n Suur is ‘n stof wat waterstofione vorm wanneer dit in water oplos
Basis volgens Arrhenius model
‘n Basis is ‘n stof wat hidroksiedione vorm wanneer dit in water oplos
Tekortkominge van die Arrhenius model
Beperk tot wateroplossings
‘n Waterstofioon kan nie op sy eie in ‘n wateroplossing bestaan nie
Ammoniaak is ‘n basis maar het nie ‘n hidroksiedioon nie
Nie alle basisse los op in water nie
Suur volgens Bronsted-Lowry model
‘n Suur is ‘n protonskenker
Basis volgens bronsted-Lowry model
‘n Basis is ‘n protonontvanger
Gekpnjugeerde basis
Die ioon of molekule wat oorbly as die suur ‘n proton geskenk het
gekonjugeerde suur
Die ioon of molekule wat oorbly as die basis ‘n proton opneem
Protolise
Die suur-basis reaksie waarby proton oordrag plaasvind
Amfoliet/Amfiprotiese stof
‘n Stof wat beide as ‘n suur of basis kan optree
Vb van amfoliete
Water
HSO4
HCO3
H2PO4
Sterk suur
‘n Suur wat volledig in water ioniseer en vorm ‘n hoe konsentrasue H3O ione in oplossing
Sterk sure
HCL
H2SO4
HNO3
Swak suur
‘n Suur wat onvolledig in water ioniseer en vorm ‘n lae konsentrasie H3O-ione in oplossing
Sterk basis
‘n Basis wat volledig in water dissosieer en vorm ‘n hoe konsentrasie OH ione in oplossing
Sterk basisse
NaOH
CA(OH)2