Elektrochemiese reaksies Flashcards
Galvaniese sel
‘n Sel waarin chemiese energie omgeskakel word na elektriese energie.
Elektrolitiese sel
‘n Sel waarin elektriese energie omgeskakel word na chemiese energie.
Oksidasie
Verlies aan elektrone
Reduksie
Wins van elektrone
Oksideermiddel
‘n Stof wat gereduseer word
Reduseermiddel
‘n Stof wat geoksideer word
Anode
Die elektrode waar oksidasie plaasvind
Katode
Die elektrode waar reduksie plaasvind
Elektrolise
Die chemiese proses waarin eletriese energie omgeskakel word na chemiese energie of die gebruik van elektriese energie om ‘n chemiese verandering teweeg te bring
Elektroliet
‘n Oplossing/vloeistof/opgeloste stof wat elektrisiteit gelei deur die beweging van ione.
Funksie van die soutbrug
Voltooi die stroombaan
Skei die twee elektroliete sodat hulle nie meng nie
Verskaf ‘n pad waardeur die ione kan beweeg om elektriese neutraliteit van die oplossings te verseker
Faktore wat selpotensiaal beinvloed
Reaksies wat by anode en katode plaasvind
Konsentrasies van reaktante en produkte
Temperatuur
Omgewingsrisiko’s met die ekstraksie van aluminium
Dra by tot die kweekhuiseffek(verbranding van CO2)
Fluoor is ‘n skadelike neweproduk wat vorm
Klankbesoedeling
Koolstofmonoksied is giftig
Omgewingsrisiko’s geassosieer met die chlooralki-industrie
Chloorgas is baie giftig
Waterstofgas is vlambaar en kan plofbaar reageer
Natriumhidroksied is vlambaar en toksies