Taalkunde vir onderwysers en leerders Hfstk 13 (479) Flashcards
Wat is die skryftekens wat gebruik is in Afrikaans?
deelteken, koppelteken, kappie, afkappingsteken, aksentteken
Waarvoor word skryftekens gebruik?
om korrekte uitspraak en betekenis aan te dui
Wat is die drie grondbeginsels wat Afrikaans spelling beinvloed?
- spel volgens tradisie (uit Nederlans geerf)
- spel volgens die klankstelsel van Stanaardafrikaans
- spel word deur gelykvormigheid beinvloed (al klink die einde klank “d” soms soos n “t”, is die meervoud “de” en dus word die enkelvoud met n “d” gespel b.v. land, lande)
Wat is die doel van leestekens?
Om die boodskap wat die skrywer aan die leser wil oordra duidelik oor te dra
Noem die leestekens
- punt
- komma
- kommapunt
- vraagteken
- uitroepteken
- dubbelpunt
- aandagstreep
- parentese
Wanneer word n woord as een woord geskryf?
een begrip = een woord
Wanneer word die koppelteken gebruik?
- saamgestelde woord wat op n vokaal eindig
- woorde van vreemde herkoms bv. hidro-elektries
-waar dubbelsinnigheid kan ontstaan - verbindings met syfers/simbole/afkortings
- woordgroepkoppelings (bv. piet-my-vrou)
- herhalingsvorme (bv. speel-speel)
- wanneer “-hulle” met n eienaam verbind word
- geografiese name (bv. Pretoria-Noord)
- saamgestelde range (bv. sekretaris-generaal)
Wanneer word die afkappingsteken gebruik?
- meervoudsvorme en verkleinings wat op i,o,u, en beklemtone a eindig
- meerdoude en verkleinings wat op n e of s wat nie uitgespreek word nie
- meervoude en verkleinings wat afkortings is
Sinonieme
woorde met skynbaar dieselfde betekenis (bv reusagtig / massief)
Antonieme
woorde met min of meer teenoorgestelde betekenis (bv hard / sag)
Homonieme
woorde wat dieselfde uitspraak en spelling maar n ander betekenis het bv sy (meisie) en sy (materiaal)
Homofone
woorde van dieselfde taal met dieselfde uitspraak maar n ander spelling en betekenis het (bv maar / maer)
samestellings
woorde met meer as een stam (bv. tefel+poot)
Afleidings
woorde met ‘n voorvoegsel of agtervoegsel of beide (bv gekoopte)
Voorvoegsel
onselfstandige woorddele voor aan ‘n woord (bv bewoord)
Agtervoegsel
onselfstandige woorddele agter aan ‘n woord (bv tafeltjie)
Wat is semantiek?
Semantiek is n onderdeel van taalwetenskap wat betekennisaspekte bestudeer
Die studie van talige betekenis
Toutologie
Opeenstapeling van woorde waarvan die betekenisse dieselfde is
Bv. Bulldoghond, Tortelduif
Neologismes
Skep van nuwe woorde vir nuwe begrippe in die taal
Voorbeelde:
Gemorskos: junkfood
Skootrekenaar: laptop
Deegkardoes: wrap
Klanknabootsing
Geluidwoorde
Bv. zoem, piet-my-vrou, toktokkie, koer, kwaak, miaau
Samestellings
verbinding van twee of meer lostaande woorde om ’n nuwe eenheid te vorm
Voorbeelde:
boek+rak=boekrak
Samestellende afleiding
hoog+moed+ig=hoogmoedig
Onderskei tussen woordvorming en woordskepping
Woordvorming: morfologiese proses van samestellings, afleidings en samestellende afleidings
Woordskepping: skep van nuwe woorde in taal
Pleonasmes
Kom voor wanneer ’n woord of gedagte in ’n sekere konstruksie onnodig herhaal word
Bv. Hulle stap te voet
Leengoed woorde
Woorde wat uit n ander taal beleen is
Bv. Rugby, donga
Paronieme
woorde wat dieselfde stam het, maar verskil in betekenis
Bv. kliënt en klant, kinderlik en kinderagtig
Doeblette
Twee woorde wat ’n gemeenskaplike oorsprong het, maar in vorm en betekenis verskil. Word dus ook verskillend gebruik.
Bv. skenk en skink, lit en lid, rand en rant