Sosio-kulturele teorie Flashcards
Wat behels konskruktivisme?
Die teorie verduidelik dat leerders aktief in die leerproses is. Hulle bou hul eie kennis in wisselwerking met hul omgewing en die samelewing.
Hoe bou leerders kennis in die klaskamer?
-deur probleme op te los
-deur hul bestaande kennis te gebruik
-deurbesinning oor hul ervarings te doen
-deur met hul onderwyser en klasmaats te praat
-onderwyser plaas klem op die vasle van kennis eerder as die reproduksie van kennis
Wat is die onderwyser se rol binne die sosio-kulturele klaskamer?
-die uitbreiding van kennis te medieer
-gebruik ondersteunende gesprekke
-hul waardes en oortuigings in ag te neem omdat dit hul optrede beinvloed
Wat is die sosiokulturele teorie?
Die teorie wat probeer verstaan hoe kinders hulself interpreteer in verhouding met ander en hoe hulle die wereld prosesseer, interpreteer en enkodeer.
Ontstaan uit Vygotsky se siening wat die sosiale wereld waar leer ontluik belklemtoon.