Newton se Wette Flashcards
Normaalkrag
Die krag wat ‘n oppervlak op ‘n voorwerp waarmee dit in kontak is, uitoefen en
wat loodreg op die oppervlak is.
Wrywingskrag
Die krag wat die beweging van ‘n voorwerp teenwerk en wat parallel met die oppervlak inwerk.
Statiese wrywingskrag
Die krag wat die neiging van beweging van ‘n stilstaande voorwerp relatief tot ‘n oppervlak
teenwerk.
Kinetiese wrywingskrag
Die krag wat die beweging van ‘n bewegende voorwerp relatief tot ‘n oppervlak teenwerk.
Newton se Eerste Bewegingswet
‘n Liggaam sal in sy toestand van rus of beweging teen konstante snelheid volhard, tensy ‘n nie-nul netto krag daarop inwerk.
Newton se Tweede Bewegingswet
Wanneer ‘n resulterende/netto krag op ‘n voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die
rigting van die krag teen ‘n versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp.
Newton se Derde Bewegingswet
Wanneer voorwerp A ‘n krag op voorwerp B uitoefen, sal voorwerp B GELYKTYDIG ‘n krag
van gelyke grootte en in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uitoefen.
Newton se Universele Gravitasie Wet
Elke liggaam in die heelal trek elke ander liggaam aan met ‘n krag direk eweredig aan die produk van hul massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hul middelpunte.
Gewig
Die gravitasiekrag wat die Aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlak.