Chemie - Organiese Chemie Flashcards
Organiese molekules
Molekules wat koolstofatome bevat
Funksionele groep
‘n Binding of ‘n atoom of ‘n groep atome wat die fisiese en chemiese eienskappe van ‘n groep organiese verbindings bepaal.
Koolwaterstof
Organiese verbindings wat slegs uit waterstof en koolstof bestaan.
Homoloë reeks
‘n Reeks organiese verbindings wat deur dieselfde algemene formule beskryf kan word OF waarin die een lid van die volgende verskil met ‘n CH2-groep
Versadigde verbinding
Verbindings waarin daar geen meervoudige bindings tussen C-atome in hul koolwaterstofkettings is nie.
Onversadigde verbinding
Verbindings waarin een of meer meervoudige bindings tussen C-atome in hul
koolwaterstofkettings voorkom.
Molekulêre formule
‘n Chemiese formule wat die element en die aantal atome van elk in ‘n molekuul aandui.
Struktuurformule
‘n Struktuurformule van ‘n verbinding toon aan watter atome in die molekuul aan mekaar gebind is.
Atome word voorgestel deur hul chemiese simbole en lyne word gebruik om ALLE bindings wat atome bymekaar hou, aan te
toon
Gekondenseerde struktuurformules
Hierdie notasie toon die wyse aan waarop atome aan mekaar gebind is in die
molekuul, maar toon NIE ALLE BINDINGSLYNE NIE
Struktuur isomeer
Organiese molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende struktuurformules
Algemene formule van alkane
CnH2n+2
Algemene formule van alkene
CnH2n
Algemene formule van Alkyne
CnH2n-2
Algemene formule van Alkohole
CnH2n+2/sub>O
Algemene formule van Karboksielsure
CnH2nO2