Chemie - Chemiese Ewewig Flashcards
1
Q
Oop sisteem
A
Sisteem wat voortdurend interaksie met sy omgewing het.
2
Q
Geslote sisteem
A
Sisteem wat geïsoleerd is van die omgewing.
3
Q
Chemiese ewewig
A
Dit is ‘n dinamiese ewewig waar die tempo van die voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie.
4
Q
Le Chatelier se beginsel
A
Wanneer die ewewig in ‘n geslote sisteem versteur word, stel die sisteem ‘n nuwe ewewig in deur die reaksie wat die versteuring teenwerk, te bevoordeel.