Momentm en Impuls Flashcards
Momentum
Die produk van ‘n voorwerp se massa en sy snelheid.
Lineêre momentum
‘n Vektorgrootheid met dieselfde rigting as die snelheid van die voorwerp.
Newton se Tweede Wet in terme van Momentum
Die netto (of resulterende) krag wat op ‘n voorwerp inwerk, is gelyk aan die tempo van verandering van momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag.
Impuls
Die produk van die netto krag wat op ‘n voorwerp inwerk en die tyd wat die netto krag op die voorwerp inwerk.
Geïsoleerde sisteem
‘n Geïsoleerde sisteem is een waarop die netto eksterne krag wat op die sisteem inwerk, nul
is.
Wet van behoud van lineêre momentum
Die totale lineêre momentum in ‘n geïsoleerde sisteem bly konstant (behoue).