Arbeid, Energie en Drywing Flashcards
Arbeid verrig op ‘n voorwerp deur ‘n konstante krag F.
FΔxcosθ, waar F die grootte van die krag, Δx die grootte van die verplasing en θ die hoek tussen die krag en die verplasing is.
Arbeid-energie stelling
Die netto arbeid verrig op ‘n voorwerp is gelyk aan die verandering in kinetiese energie van die voorwerp OF die arbeid verrig op die voorwerp deur ‘n netto krag is gelyk aan die verandering in kinetiese energie van die
voorwerp (Wnet = ΔK = Kf - Ki)
Konserwatiewe krag
‘n Krag waarvoor die arbeid verrig om ‘n voorwerp tussen twee punte te beweeg, onafhanklik is van die roete wat gevolg word.
Nie-konserwatiewe krag
‘n Krag waarvoor die arbeid verrig om ‘n voorwerp tussen twee punte te beweeg, afhanklik is van die roete wat gevolg word.
Beginsel van Behoud van Meganiese Energie
Die totale meganiese energie (som van gravitasie- potensiële energie en kinetiese energie) in ‘n geslote sisteem bly konstant.
Drywing
Die tempo waarteen arbeid verrig of energie verbruik word.