Chemie - Energieverandering en Tempo en omvangg van reaksie Flashcards
1
Q
Reaksiewarmte (Entalpie) - ΔH
A
Die energie geabsorbeer of vrygestel in ‘n chemiese reaksie.
2
Q
Eksotermiese reaksie
A
Reaksie wat energie vrystel
3
Q
Endotermiese reaksie
A
Reaksie wat energie absorbeer
4
Q
Aktiveringsenergie
A
Die minimum energie benodig vir ‘n reaksie om plaas te vind.
5
Q
Geaktiveerde kompleks
A
Onstabiele oorgangstoestand van reaktante na produkte.
6
Q
Reaksietempo
A
Die verandering in konsentrasie van reaktante of produkte per eenheid tyd.
7
Q
Positiewe katalisator
A
‘n Stof wat die tempo van ‘n chemiese reaksie verhoog sonder om self ‘n permanente verandering te ondergaan