Mensturasie Flashcards
Wat gebeur tydens Dag 1–5 van die menstruasiesiklus?
Menstruasie vind plaas. Die voering van die baarmoeder word afgestoot, en bloed en weefsel verlaat die liggaam deur die vagina.
Wat gebeur tussen Dag 6–14 van die menstruasiesiklus?
Bloedverlies het gestop. Follikels ontwikkel in die eierstokke en die baarmoederwand verdik om voor te berei vir ‘n bevrugte sigoot.
Wat is ovulasie en wanneer gebeur dit?
Ovulasie gebeur op Dag 15–19. ‘n Volwasse eiersel word uit die eierstok vrygestel en is gereed vir moontlike bevrugting.
Wat gebeur tussen Dag 20–26 as daar geen bevrugting is nie?
Die eiersel sterf en hormoonvlakke daal. Die baarmoederwand en eiersel breek af en word later uitgeskei as menstruele bloed.
Wat is die doel van die dikker baarmoederwand na dag 14?
Om die bevrugte sigoot te ontvang en te voed sodat dit kan inplant.
Wat is menstruasie?
Menstruasie is die maandlikse proses waar die voering van die baarmoeder, bloed en vloeistowwe uit die liggaam verlaat as daar geen bevrugting was nie.
Wanneer begin meisies menstruasie kry?
Tydens puberteit.
Hoe lank duur menstruasie gewoonlik?
Tussen 4 en 7 dae.
Hoe gereeld vind menstruasie gewoonlik plaas?
Ongeveer elke 28 dae, maar dit kan van persoon tot persoon verskil.
Wat dui menstruasie aan oor die vrou se liggaam?
Dat die liggaam gereed is vir moontlike swangerskap.
Wat gebeur as daar nie ‘n bevrugte eier is nie?
Die baarmoeder se voering word afgestoot en verlaat die liggaam as menstruasie.