Aanpassing Van Blomme Flashcards
Windbestuiwing
Grassoorte en dennebome. Klein, reuklose blomme sonder nektar. Helmknoppe hang afwaarts. Veeragtige stempels steek uit. Baie, klein, ligte stuifmeel.
Waterbestuiwing
Voorbeeld: Elodea. Afsonderlike manlike en vroulike blomme. Stuifmeel dryf op water. Vroulike blom buig oor wateroppervlak om stuifmeel op te vang.
Insekbestuiwing (Bye & Skoenlappers)
Helder kleure en soet geur. Nektar lok insekte. Swaar stuifmeel klou aan insekte. Taai stempels vang stuifmeel op.
Voëlbestuiwing
Groot, rooi blomme. Geen geur nie. Ryk aan nektar vir energie. Rooi kleur lok voëls, nie insekte nie.
Vlermuis- en muisbestuiwing
Voorbeelde: Kremetartboom (vlermuis), proteas (muise). Liggekleurde, soetgegeurde blomme. Groei naby die grond (by muise).