Hoofstuk 4- Klank Flashcards
Hoe vorm alle klank
As gevolg van vibrasies wat deur ‘n medium beweeg
Klankgolwe is drukgolwe. Wat beteken dit
Dit beweeg vinniger in ‘n medium waar die deeltjies nader aan mekaar is
Hoe bring luidsprekers klank voor
Die lug in aanraking met die vibrerende luidspreker word om die beurt saamgedruk en uitgedruk, net soos die opwekking van ‘n longitudinale golf
Klank kort ‘n materiële medium om voort te plant en kan dus nie in ‘n vakuum voortplant nie
Waardeur word die spoed van klank in die lug beïnvloed
- Temperatuur- hoër = vinniger
- Humiditeit- hoër = vinniger
- Druk- Druk verander nie die spoed nie
Wat is ‘n eggo
Gereflekteerde klank wat as ‘n aparte klank na ‘n periode van stilte gehoor word
Wat is weergalming
Wanneer die weerkaatsende oppervlak naby genoeg is dat dit die oorspronklike klank slegs verleng
Invalshoek = weerkaatsingshoek wanneer klank weerkaats
Die toonhoogte van ‘n klank hang af van die frekwensie van die golf. Die 2 is direk eweredig.
(Lees deur bl. 33 en 34 vir meer)
Die hardheid van ‘n klank hang af van die amplitude van die golf. Die 2 is direk eweredig.
(Lees deur bl. 33 en 34 vir meer)
Wat is ultraklank, hoe word dit gebruik
Klankgolwe met frekwensies van 20kHz tot ongeveer 100kHz. Dit is onhoorbaar vir die menslike oor.
Medies- Dit skep ‘n skerp beeld van interne organe of ongebore babas. Ultraklankgolwe word na organe of die fetus gestuur, dele van die golf bons dan terug teen die orgaan of fetus en word op ‘n rekenaar skerm gevorm
Sonar- Skepe gebruik sonar om die diepte van die bodem, ligging van ‘n skool visse of posisie van ‘n duikboot onder hulle te bepaal. Hulle stuur ultrasoniese klankgolwe uit wat van visse, duikbote of die bodem van die see terug bons.
Ander-
Vind foute in masjiene
Maak brille, juwele en ander klein, breekbare voorwerpe skoon.
Weet hoe om klank somme te doen (voorbeelde in oefening vanaf bl. 37)