Hoofstuk 1- Magnetisme Flashcards
Wat is magnetisme
‘n Krag wat magnetiese voorwerpe op mekaar kan uitoefen sonder om aan mekaar te raak
Wat is ‘n magneetveld
‘n Gebied in die ruimte waar ‘n ander magneet of ferromagnetiese stof ‘n krag ervaar sonder enige aanraking
Ken onderste deel wat gehilite is op bl. 69, en heel boonste paragraaf op bl. 70
Magnete bly altyd dipole, magnetiese monopole bestaan nie
Gee die eienskappe van magneetvelde
Dit is denkbeeldige lyne
Dit is drie-dimensioneel
Dit kruis mekaar nooit nie
Dit dui krag op ‘n noordpool van ‘n magneet. Dus wys ‘n kompasnaald altyd weg van die noordpool na die suidpool
Binne ‘n magneet is die rigting van die magneet veldlyne van suid na noord, maar buite is di van noord na suid
Hoe nader die magnetiese veldlyne aan mekaar is, hoe sterker is die magneetveld
Ken figuur 11 en 12 van magnete op bl. 71 om te teken