Hoofstuk 1- Pulse Flashcards
Wat is die medium van ‘n puls
Die materiaal waarlangs die puls beweeg
Wat is ‘n puls
‘n Enkele versteuring wat in ‘n medium van een punt na die volgende beweeg
Wat is ‘n transversale puls
Ontstaan wanneer die deeltjies van die medium loodreg beweeg met die voortplantingsrigting van die medium.
Noem en beskryf die 5 woorde wat gebruik word om ‘n puls te beskryf
Rusposisie- Die posisie van die medium wanneer daar geen puls daardeur beweeg nie
Amplitude- Die maksimum verplasing van ‘n deeltjie in ‘n medium vanaf sy rusposisie
Pulslengte- Afstand vanaf die beginpunt tot die eindpunt van ‘n puls
Kruin- Die puls in een rigting relatief tot die rusposisie (Positiewe puls). Die puls in die ander rigting relatief tot die rusposisie word die trog genoem (Negatiewe puls)
Pulsspeod- Die afstand wat ‘n puls aflê per tyd
Ken onderste skets op bladsy een om te kan teken en benoem
Wat is ‘n longitudinale puls
Veroorsaak dat die deeltjies in ‘n rigting parallel aan die voortplantingsrigting beweeg
Ken pulsspoed formule bo op bladsy 2, weet hoe om relafante somme te doen (voorbeelde in oefening 1)
Wat is die beginsel van superponering
Wanneer twee pulse gelyktydig in twee punte van ‘n medium ontmoet, is die oombliklike verplasing by die punt die algebraiese som van die verplasing van elke puls op daardie oomblik
Wat is interferensie
Vind plaas wanneer twee of meer pulse in dieselfde ruimte op dieselfde tyd op mekaar inwerk
Beskryf konstruktiewe en destruktiewe interferensie
Konstruktiewe- Vind plaas wanneer twee pulse aan dieselfde kant van die medium (in fase is) ontmoet en mekaar versterk om ‘n grootter amplitude te veroorsaak. Na die interferensie beweeg die twee pulse, met hul oorspronklike amplitudes, in hul oorspronklike rigtings voort
Destruktiewe- Vind plaas wanneer twee pulse aan teenoorgestelde kante van die medium (uit fase is) ontmoet en mekaar verswak om ‘n kleiner, of selfs geen, amplitude te veroorsaak. Na die interferensie beweeg die twee pulse, met hul oorspronklike amplitudes, in hul oorspronklike rigtings voort
Ken twee sketse van interferensie op bladsy 5 om te kan teken en benoem