Hoofstuk 2- Transversale Golwe Flashcards
Wat is ‘n golf
Die reëlmatige opeenvolging van pulse
Wat is ‘n transversale golf
‘n Golf waarin die versteuring van die medium loodreg is op die voortplantingsrigting van die golf
Wat is die kruin en trog van ‘n golf
Kruin- Hoogste punt van ‘n golf
Trog- Laagste punt van ‘n golf
Wat beteken dit as golwe in fase is
Hulle beweeg in dieselfde rigting en teen dieselfde spoed en het dieselfde verplasing vanaf die rusposisie. Uit fase beteken dus dat hulle op verskillende tye ‘n posisie bereik
Wat is die golflengte, frekwensie en periode van ‘n golf
Golflengte- Die afstand tussen twee opeenvolgende punte wat in fase is, gemeet in meter
Frekwensie- Aantal heelgolwe wat in een sekonde verby ‘n vaste punt beweeg, in hertz(Hz)
Periode- Die tyd wat dit neem om een volledige golf te voltooi, in sekondes
Wat is die formule om die frekwnsie en periode van ‘n golf uit te werk
Frekwensie = Aantal golwe/Tyd
Periode = Tyd/Aantal golwe
Wat is golfspoed
Die afstand wat die golf in een sekonde aflê
Weet hoe om somme met golwe te doen