Gr12 Energie, reaksietempo en ewewig Flashcards
Definieer reaksiewarmte
Dit is die energie geabsorbeer of vrygestel in ‘n chemiese reaksie.
Definieer eksotermiese reaksies
Dit is ‘n reaksie wat energie vrystel.
Definieer endotermiese reaksies
Dit is ‘n reaksie wat energie absorbeer.
Definieer aktiveringsenergie
Dit is die minimum energie benodig vir ‘n reaksie om plaas
te vind.
Definieer ‘n geaktiveerde kompleks
Dit is die onstabiele oorgangstoestand van
reaktante na produkte.
Definieer reaksietempo
Dit is die verandering in konsentrasie van reaktante of produkte
per eenheidstyd.
Maak ‘n lys van faktore wat die tempo van chemiese reaksies beïnvloed
aard van reagerende stowwe,
reaksie-oppervlak,
konsentrasie (druk vir gasse),
temperatuur en die
teenwoordigheid van ‘n katalisator.
Definieer die term positiewe katalisator
Dit is ‘n stof wat die tempo van ‘n chemiese
reaksie verhoog sonder om self ‘n permanente verandering te ondergaan.
Wat is ‘n oop sisteem in chemiese ewewig?
‘n Sisteem wat voortdurende interaksie met sy omgewing het – dit
ruil materie en energie met sy omgewing uit.
Wat is ‘n Geslote sisteem in chemiese ewewig?
‘n Sisteem wat slegs energie, en nie materie nie, met sy omgewing uitruil.
Wat is ‘n Omkeerbare reaksie?
‘n Reaksie is omkeerbaar wanneer produkte terug omgeskakel kan word in reaktanse.
Wat is Chemiese ewewig?
Dit is ‘n dinamiese ewewig wanneer die tempo van die voorwaartse reaksie gelyk is aan die tempo van die terugwaartse reaksie.
Maak ‘n lys van faktore wat die posisie van ‘n ewewig beïnvloed
druk (slegs gasse),
konsentrasie
en temperatuur.
Skryf Le Chatelier se beginsel in woorde neer
Wanneer die ewewig in ‘n geslote sisteem versteur word, stel die sisteem ‘n nuwe ewewig in deur die reaksie wat die versteuring teenwerk, te bevoordeel.