Gr11 en 12 Sure en basisse Flashcards

1
Q

Definieer ‘n suur en basis volgens Arrhenius-teorie

A

‘n Suur is ‘n stof wat waterstofione (H+)/hidroniumione (H3O+) vorm wanneer dit in water oplos.
‘n Basis is ‘n stof wat hidroksiedione (OH-) vorm wanneer dit in water oplos.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Definieer ‘n suur en basis volgens Lowry-Brønsted-teorie

A

‘n Suur is ‘n protonskenker (H+-ioon-skenker).
‘n Basis is ‘n proton-ontvanger (H+-ioon-ontvanger).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Onderskei tussen sterk sure/basisse en swak sure/basisse met voorbeelde.

A

Sterk sure ioniseer volledig in water om ‘n hoë konsentrasie H3O+-ione te vorm. Voorbeelde van sterk sure is soutsuur, swawelsuur en salpetersuur.
Swak sure ioniseer onvolledig in water om ‘n lae konsentrasie H3O+-ione te vorm. Voorbeelde van swak sure is etanoësuur en oksaalsuur.
Sterk basisse dissosieer volledig in water om ‘n hoë konsentrasie OH–ione te vorm. Voorbeelde van sterk basisse is natriumhidroksied en kaliumhidroksied.
Swak basisse dissosieer/ioniseer onvolledig in water om ‘n lae konsentrasie OH– ione te vorm.
Voorbeelde van swak basisse is ammoniak, kalsiumkarbonaat, kaliumkarbonaat, kalsiumkarbonaat en natriumwaterstofkarbonaat.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Onderskei tussen gekonsentreerde sure/basisse en verdunde sure/basisse.

A

Gekonsentreerde sure/basisse bevat ‘n groot hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding met die volume water.
Verdunde sure/basisse bevat ‘n klein hoeveelheid (getal mol) suur/basis in verhouding met die volume water

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is ‘n AMFOLIET?

A

‘n Stof wat as óf ‘n suur óf ‘n basis kan reageer as amfiproties of as ‘n amfoliet

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Definieer hidrolise

A

Dit is die reaksie van ‘n sout met water.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Definieer die ekwivalente punt

A

Dit is die punt waar die suur/basis volledig met die basis/suur reageer het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Definieer die eindpunt van ‘n titrasie

A

Dit is die punt waar die indikator van kleur verander.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Verduidelik die pH-skaal

A

Dit is ‘n skaal met getalle van 0 tot 14 wat gebruik word om suurheid of alkaliniteit van ‘n oplossing uit te druk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Definieer Kw

A

Dit is die ewewigskonstante vir die ionisasie van water of die ioonproduk van water of die ionisasiekonstante van water, m.a.w. Kw = [H3O+][OH-] = 1 x 1014 by 298 K.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Verduidelik die outo-ionisasie van water

A

Dit is die reaksie van water met water self om H3O+-ione en OH–ione te vorm.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly