Gr11 en 12 Meganika Flashcards
Definieer Newton se eerste wet
‘n Liggaam sal in sy toestand van rus of
beweging teen konstante snelheid volhard, tensy ‘n nie-nul resulterende/netto krag
daarop inwerk.
Definieer Newton se tweede wet
Wanneer ‘n resulterende/netto krag op ‘n voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag teen ‘n versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp.
Defineer Newton se derde wet
Wanneer voorwerp A ‘n krag op voorwerp B uitoefen, sal voorwerp B GELYKTYDIG ‘n krag van gelyke grootte en in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uitoefen.
Definieer Newton se Universele gravitatiewet
Elke liggaam in die heelal trek elke
ander liggaam aan met ‘n krag direk eweredig aan die produk van hul massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hul middelpunte.
Beskryf die term GEWIG
Gewig kan beskryf word as die gravitasiekrag, in newton (N), uitgeoefen op ‘n liggaam.
Beskryf die term MASSA
Massa kan beskryf word as die hoeveelheid materie in ‘n liggaam gemeet in kilogram (kg).
Verduidelik gewigloosheid
Dit is die sensasie ondervind wanneer alle kontakkragte
verwyder is d.i. geen eksterne voorwerpe maak kontak met jou liggaam nie.