Gr12 Arbeid-Energie Flashcards
Definieer die arbeid verrig op ‘n voorwerp deur ‘n konstante krag F
Arbeid vering op ‘n voorwerp word beskryf as F Δx cos , waar F die grootte van die krag, x die grootte van die verplasing en die hoek tussen die krag en die verplasing is.
Definieer die Arbeid-Energie stelling
Die netto (of totale) arbeid verrig op ‘n
voorwerp is gelyk aan die verandering in kinetiese energie van die voorwerp
Definieer ‘n konserwatiewe krag
‘n krag waarvoor die arbeid verrig om ‘n voorwerp tussen twee punte te beweeg, onafhanklik is van die roete wat gevolg word. Voorbeelde is gravitasiekrag, die elastiese krag in ‘n veer en elektrostatiese
kragte (coulombkragte).
Definieer ‘n nie-konserwatiewe krag
‘n krag waarvoor die arbeid verrig om ‘n voorwerp tussen twee punte te beweeg, afhanklik is van die roete wat gevolg word. Voorbeelde is wrywingskrag, lugweerstand, spanning in ‘n tou, ens.
Skryf die beginsel van behoud van meganiese energie neer
Die totale meganiese energie (som van gravitasie- potensiële energie en kinetiese energie) in ‘n geslote sisteem bly konstant.
Definieer DRYWING
die tempo waarteen arbeid verrig of energie verbruik word.
In simbole: P = W/t