Die effek van 'n elektriese stroom (Afdeling B) (2) Flashcards
Verhittings effek: (Bl. 135) (5)
- ‘n Elektriese stroom vloei maklik deur ‘n elektriese geleier soos metaal.
- Alle metale bied weerstand, d.w.s teenstand teen die vloei van ‘n elektriese stroom
- Die elektriese energie van ‘n elektriese stroom word as gevolg van die weerstand van die geleier oorgedra aan die geleier se deeltjies.
- As die geleier se weerstand hoog is, word dit warm as die stroom daardeur vloei
- Hitte word aan die omgewing oorgedra
Energie omsetting van verhittings effek: (1)
Elektriese energie - Hitte energie
Voorbeelde van Verhittings (4)
ketels,verwarmers,stowe,haardroers
Magnetiese effek: (Bl. 136) (4)
- Hoewel ‘n ektriese stroom nie magneties is nie, en die geleier waarin dit voei nie magneties is nie, produseer dit ‘n magnetiese magnetic seffek
- In 1819 het Hans Oersted, in professor in Fisika in Kopenhagen, ontdek dat die stroom in ‘n draad, ‘n naby gelee kompasnaald laat uitwyk
- Daar word algemeen aanvaar dat hy die ontdekking bloot toevallig gemaak het tydens ‘n lesing wat hy gegee het.
- Laat ons nou die magneetveld wat Oersted ontdek het, ondersoeksnaald
Energie omsetting van magnetiese effek
ELEKTRIESE ENERGIE (Pyl) BEWEGINGSENERGIE
Voorbeelde van magnetiese effek (3)
Motors, elektriese bore, stofsuiers
2.1 Magneetveld om ‘n reguit stroomdraende geleier (5)
- Wanneer kompas ander ‘n stroomdraende geleier gehou word en daar ‘n stroom in die geleier vloei, wyk die naald uit totdat dit loodreg met betrekking tot die draad uit.
- Wanneer die kompas aan die bokant van die draad is, wyk die kompasnaald na die teenoorgestelde stelde rigting .
- Dit wil voorkom of die draad deur ‘n magneetveld omring is
- Wanneer die stroom afgeskakel word, verdwyn die mag- neetveld.
- ‘n Elektriese stroom wat in ‘n geleier vloei veroor- saak ‘n magneetveld rondom die geleier.
Chemiese effek (Bl. 137) (3)
- Sommige oplossings van soute kan net soos metale ‘n elektriese stroom gelei
- Waar metaalgeteers slegs warm word as dit ‘n stroom geles, vind daar ‘n permanente verandering plaas vanneer vloeistowwe as geleiers van elektrisiteit gebruik word.
- Elektriese stroom veroorsaak ‘n chemiese reaksie in ‘n oplossing, hierdie proses word elektrolise genoem.
Energie omsetting van Chemiese effek
2 Molekule water (2Hklein2O) Pul (Elektriesiteit) 2molekile waterstofgas (2Hklein2) + een molekuul suurstofgas (O klein 2)
3.1 Elektrolise (3)
- Die elektriese stroom voorsien die energie vir die chemiese reaksie.
- ‘n Voorbeeld is die elektrolise van water, waar water in sy samestellende komponente naamlik wetenstof en suur
stof ontbind (afgebreek) word deur elektriese stroom. - Ons kan die reaksie in die volgende vergelyking voorstel
3.2 Die elektrolise van koperchlotiedoplossing (7) bl 138
- Net soos water kan ‘n oplossing van koperchloried (CuCl2) in sy samestellende komponente opgebreek word, naamlik koper en chloor
- Die figuur toon die elektrolise van ‘n koperchloriedoplos- sing (as elektroliet) tussen twee koperelektrodes.
- Na ‘n ruk word die reuk van chloorgas waargeneem.
- By ondersoek word bruin kopermetaal op die ka- tode gevind (negatiewe elektrode verbind aan die negatiewe pool) en waargeneem dat borrels van ch- loorgas by die anode gevorm word (positiewe elektrode- verbind aan die positiewe pool).
- Koperchloried is opgebreek in kopermetaal en chloor gas.
- Tydens die proses is elektriese energie omgesit in chemiese energie.
- Daar het dus ‘n chemiese verandering plaasgevind.
3.3 Hebruik van Elektrolise (7)
- Ons kan elektrolise gebruik om metale soos yster of koper met silwer of chroom te bedek.
- Dit laat metale blink en voorkom dat dit roes.
- Hierdie proses word elektroplatering genoem.
- Wanneer voorwerpe met silwer geëlektroplateer word, moet die voorwerp die katode wees en die anode moet ‘n stuk silwermetaal wees.
- Die elektroliet moet silwer bevat.
- Goeie kwaliteit eetgerei kan op hierdie manier met silwer geplateer word.
- Elektrolise word dus gebruik in die onttrekking van sekere elemente en chemikalieë, asook in die elektroplate- ringsbedryf.