Definisies Flashcards
Renaissance
Geboorte van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie
Argitek
Persoon wat geboue en strukture ontwerp
Botanis
Persoon wat plante bestudeer
Sterrekundige
Persoon wat voorwerpe in die ruimte bestudeer
Gravitasie
Afwaartse krag wat voorwerpe na die aarde aantrek
Teleskoop
Meganisme om voorwerpe wat vêr weg is, te help sien
Monopolie
Alleen beheer oor ‘n produk of roete - Soos DSTV
Koloniseer
Ander land oorneem en as jou eie verklaar - gebruik dan hul hulpbronne om so ryker te word. Britse Ryk het meeste kolonies gehad
Navigeer
Jou pad vind deur ‘n roete uit te stippel op ‘n kaart
Skeurbuik
Tekort aan Vit C, vars groente en vrugte
Teëspoed
Swaarkry
Padrao
Monument in die vorm van ‘n klippilaar met ‘n kruis bo-op
Moondheid
Elke land in die wêreld word ‘n moondheid genoem
Domineer
Beheer, oorheers, mag hê oor ander
Maritieme
Mag oor die see en waters - as ‘n land hier sterk is, kan dit die wêreld oorheers soos bv. Brittanje en Duitsland in die 1ste en 2de Wêreldoorlog