Uitwendige gaswisseling Flashcards
Wat is uitwendige gaswisseling?
Uitruil van suurstof en koolstofdioksied tussen lug in alveoli en bloed
Wat is die beweging van suurstof tydens uitwendige gaswisseling?
Van ‘n hoë konsentrasie in die alveoli na ‘n lae konsentrasie in die bloed.
Wat is die beweging van koolstofdioksied tydens uitwendige gaswisseling?
Van ‘n hoë konsentrasie in die bloed na ‘n lae konsentrasie in die alveoli
Wat gebeur met die koolsdtofdioksied wat die alveoli binnegaan?
Dit word uitgeasem
Deur watter proses geskied die opname en afgee van gasse?
Diffusie
Wat verseker dat daar altyd ‘n diffusiegradiënt is?
In- en uitaseming
Wat moet gasse eers doen voordat dit kan diffundeer in en uit die alveoli?
Dit moet oplos in die vogtige lagie van die alveoli
Wat stel gasse in staat om so effektief te diffundeer?
Die feit dat die kappilêre bloedvate en alveoli beide net uit een laag plaveiselepiteel bestaan en dus hoef die gasse net oor ‘n kort afstand te beweeg
In watter dele van die bloed kom die meeste suurstof voor sodra dit gaswisseling plaasvind?
Klein hoeveelheid los op in bloedplasma
Meeste verbind met hemoglobien in eritrosiete
Wat word die produk genoem van die hemoglobien-suurstof verbinding?
Oksihemoglobien
Wat word die bloed genoem wat nou van die longe na die hart en die res van die liggaam vervoer word?
Geoksigineerde bloed
Met watter bloedvate word die geoksigineerde bloed vervoer vanaf die longe na die hart?
Pulmonêre venas