Longe Flashcards
Uit hoeveel lobbe bestaan die regterlong?
3 lobbe
Hoekom vertoon die regterlong korter en breër?
Want dit lê bokant die lewer en word dus opgedruk
Uit hoeveel lobbe bestaan die linkerlong?
2 lobbe
Wat is die mediastinum?
Die holte tussen die 2 longe waar die hart geleë is
Waar kom die longe voor?
In die torakale holte
Deur hoeveel paar torakale ribbe word die torakale holte beskerm?
12 paar torakale ribbe
Wat is die funksie van die diafragma?
Dit skei die abdominale- van die torakale holte
Hoe vertoon die longe?
Sponsagtig
Rooipienk kleur
Wat is die pleura membraan?
Dubbele membraan rondom die longe met vloeistof tussen in
Wat is die funksie van die pleura membraan?
Voorkom wrywing tydens asemhaling
Waaruit bestaan alveoli?
Slegs plaveilselepiteel
Dunwandig
Wat is die voordeel van die alveoli?
Dit vergroot die oppervlak vir gaswisseling
Wat is die funksie van die alveoli?
Gaswisseling
Uitruil van suurstof en koolstofdioksied
Wat hou die longe in plek in die torakale holte?
Bindweefsel
Wat is voorbeelde van siektes van die longe?
Pneumonia Tuberkulose Asma Longkanker Bronchitis Asbestose