Inwendige gaswisseling Flashcards
Wat is inwendige gaswisseling?
Die uitruil van suurstofen koolstofdioksied tussen bloed en liggaamselle
Wat is die beweging van suurstof tydens inwendige gaswisseling?
Beweeg vanaf ‘n hoë konsentrasie in die bloed na ‘n lae konsentrasie in die selle
Watter 3 faktore veroorsaak dat suurstof wegbreek van hemoglobien om in die selle in te beweeg?
Diffusiegradiënt
Lae pH
Respirasie stel energie vry wat temperatuur in die sel laat styg.
Hoe beinvloed die diffusiegradiënt die beweging van suurstof vanaf die bloed in die sel in?
Hoog in bloed, laag in die sel
Hoe beinvloed die pH die beweging van suurstof vanaf die bloed na die sel?
Na respirasie plaasvind, vorm koolsuur. Die koolsuur los op in die water in die sel en vorm koolsuur. Dus versuur die pH.
Wat word die bloed genoem noudat die koolstofdioksied dit binnegegaan het?
Gedeoksigineerde bloed
Wat is die beweging van koolstofdioksied tydens inwendige gaswisseling?
Beweeg vanaf ‘n hoë konsentrasie in die sel na ‘n lae konsentrasie in die bloed
In watter dele van die bloed kom die meeste koolstofdioksied voor nadat dit uit die sel gediffundeer het?
Klein hoeveelheid in die bloedplasma
Groter deel verbind met hemoglobien
Meeste los op in water in eritrosiet(rooibloedsel) om koolsuur te vorm
In watter dele van die bloed kom die meeste koolstofdioksied voor nadat dit uit die sel gediffundeer het?
Klein hoeveelheid in die bloedplasma
Groter deel verbind met hemoglobien
Meeste los op in water in eritrosiet(rooibloedsel) om koolsuur te vorm
Watter bloedvat neem hierdie degeoksigineerde bloed na die hart?
Die superior en inferior vena cava
Watter arterie neem die deoksigineerde bloed na die longe?
Die pulmonêre arterie